Title: Boesman-Stories, Deel 1. Mitologie en legendes
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: R. F. Keet
Release date: June 6, 2020 [eBook #62330]
Most recently updated: October 18, 2024
Language: Afrikaans
Credits: Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed
Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project
Gutenberg (This file was produced from images generously
made available by The Internet Archive)
Boesman-Stories
No. | Bladsij. | |||||||
’n Paar Woorde vooraf | i | |||||||
1. | Hoe Boesmans Stories vertel | 1 | ||||||
2. | Nag en Duisternis en hulle drie Dogters | 9 | ||||||
3. | Die Berge is die oudste Dogter | 17 | ||||||
4. | Die Wind en die Windvoël | 25 | ||||||
5. | Die Weerklank of Echo | 31 | ||||||
6. | Die Vlaktes is die tweede Dogter | 41 | ||||||
7. | Die Vuur en die ’Nu-Fees | 47 | ||||||
8. | Die Opgewing of Lugspiegeling | 53 | ||||||
9. | Die Waters is die jongste Dogter | 59 | ||||||
10. | Die Reënbees en die Bobiaan | 67 | ||||||
11. | Die groot Waterslang | 75 | ||||||
12. | Die Son is die Kop van Danser Vuurman | 85 | ||||||
13. | Die Maan is die Skoen van die Hotnotsgod | 95 | ||||||
14. | Die Sterre is Kole en As | 101 | ||||||
15. | Die Hamerkopvoël en die Paddas | 107 | ||||||
16. | Die Uil en die Muise | 113 | ||||||
17. | Die Reënboog | 119 | ||||||
18. | Die Hotnotsgod en Bobiane baklei | 127 | ||||||
19. | Die Meid van die Waters | 137 | ||||||
20. | Die geniepsigheid van die Skilpad | 143 | ||||||
21. | Die Môrester is die Hart van Dageraad | 149 | ||||||
22. | Die Aandster is die Oog van Aandskemering | 161 | ||||||
23. | Dampertjie en Spuitertjie skiet met Weerlig | 169 | ||||||
24. | Die Diere vra om Kos en Water | 177 | ||||||
25. | Boesman-Gebede | 185 | ||||||
Naberig | 193 |
[I]
Ons het tans die eer om Deel I van ons versameling van Boesman-Stories die geëerde Publiek aan te bied, met die hoop dat ons val in die arms van billike beoordelaars. Want om so ’n versameling bijeen te bring vereis meer geriewe as waaroor ons tans beskik. Ons kan slegs aanbied wat opoffering, tijd en geduld ons in die hande gestel het, daar ’n ieder oortuig is dat goeie Boesman-storievertellers reeds baie uitgedun is.
As kind het ons vir die eerste maal in 1870 met Wilde Boesmans kennis gemaak; want dit was in daardie tijd dat ons met ons vader ’n reis deur dele van Namakwaland, deur Boesmanland en die Hantam onderneem het. Saands, en ook gedurende die dag, het baie van die oudjies bij ons wavuur kom aansit om te gesels. Daar was toe nog baie van hulle wat net van die jag op die ope gronde geleef het. Vir ’n geringe vergoeding was hulle te gewillig om aan die kleinbasie stories te vertel wat ons met ope mond en ore ingedrink het.
In 1876 tot 1878 het ons met opmeting van gronde verskeie Boesman-veewagters in die Karoo ontmoet; dog dit was nie voor twee jaar later dat ons regtig die saak in groter erns opgeneem het nie. Want dit was in 1880 tot 1883 dat ons ’n Landmeterskantoor op die dorp Calvinia geopen het. Die opmetings van gronde het ons weer terug na Boesmanland en Agter-Hantam gevoer, alwaar ons baie geleentheid gekrij het om aantekeninge te maak. [II]
Aangesien die Boesmans nie as ’n georganiseerde nasie leef nie—sonder burgerlike of kerklike ontwikkeling—, is dit maklik te verstaan dat hulle oorleweringe uiteenlopend is. Om hierdie rede kan ook nie verwag word dat hul hulle stories presies eners sal vertel nie. So sal ons baie lesers vind wat sal sê: “Ek het die Stories, soos hier neergeskrijwe, anders hoor vertel.” Met dit voor ons, het ons ’n Storie net so neergeskrijwe as ’n Boesman ons dit op sij gebrekkige manier vertel het. Vind ons dan later ’n goeie verteller, dan herhaal ons die Stories aan hom en vra hom wat hij daarvan afweet. Dit het ons geluk ’n paar uitstekende vertellers langs die Hartbees- en Hantamriviere te ontmoet, en wat ons hier meedeel is mees die vrug wat ons bij hulle kon insamel. Sommige van hulle was met die Kalaharie goed bekend.
Ons behandel in hierdie Eerste Deeltjie verhale omtrent die Boesman-Godeleer (Mitologie) en enige Sprokies (Legendes). Om die leser nie daarmee te verveel nie, gee ons vereers 20 Stories. Dan hoop ons in Deel II “Diere-Stories,” soos deur Boesmans vertel, mee te deel. Deel III sal ander vertellings behels. Ons stel ons dus voor om, net soos met die “Diere-Stories” deur Hotnots, 60 sulke verhale te gee—dan sal die publiek al taamlik moeg van ons wees.
Uit die Boesmanversameling sal dit duidelik blijk dat daar wel deeglik digterlike sin en verhewenheid van gedagtes in sekere mate bij die Boesmans bestaan. Sommige dinkbeelde is treffend in woorde uitgedruk; so sê ’n Boesman b.v. eens aan ons: “Baas, watter nuws bring jij [III]vir ons? Goeie en slegte tijding is nes die wind wat van vér af kom—dit bring die heerlike en slegte geure met hom saam.”
So ver ons uit die verhale opmaak, bestaan onder die Boesmans geen bepaalde, uitgewerkte stelsel van godsdiensopvatting nie. Dit kan ook nie anders nie; want onder hulle bestaan geen erkende priesterstand nie. Iedereen het sij eie begrip oor die mag van goeie en slegte geeste. Hulle glo dat daar eers ’n flouw lig bestaan het voor die Son gekom het. Die ougeslag of voorgeslag kon hul verander net soos hulle wou. Die Son, Maan en Sterre word tesame met die Hotnotsgod (’n sprinkhaansoort) vereer. Die bestaan van dinkbeeldige Diere (Geeste) word erken en hulde toegebring. So word reën deur die Reënbees gemaak, fonteinwaters deur die groot Waterslang met die steen op sij kop, wind word deur ’n Voël gemaak, ens. Hulle glo in ’n opstanding van die afgestorwene, en glo dat die dood later deur ’n Haas in die wêreld gekom het. Hulle begrip van opstanding ontleen hul aan die Maan, wat ieder maand sterf en weer herleef.
Met die skrijwe van hierdie “Boesman-Stories” het ons die gedagtes van die Boesmans in ons eie woorde vertolk; want as daar ’n nasie is wat omslagtig in sij manier van vertel is, dan is dit seker ’n Boesman: hij kan een en dieselfde ding oor en oor herhaal, wat vir die wetenskaplike ondersoeker van belang mag wees, maar voorwaar glad nie vir gewone lesers nie. Daarom het ons ’n eenvoudige taal gekies om die Stories in te vertel. [IV]
In Europa en Amerika word tot nog vrugtelose pogings aangewend om gewilde en ingrijpende “Diere-Stories” te skrijwe; hier in Suidafrika het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeuwe gelede uitgewerk. Al wat ons te doen het, is om die rijk oes in te samel. Maar in plaas van dit te doen, is dit ou nuws vir ons, en so nou en dan verskijn daar ’n Storie in ’n koerant of tijdskrif, terwijl die gros aan die golwe van verslindende Tijd oorgelaat word om spoedig die versluierde diepte in te stort. Waarvoor ons nageslag ons nie “dankie” sal sê nie.
DIE SKRIJWER.
Hendrina,
via Estantia-Stasie, Tvl.,
21 Aug. 1918.
[V]
Die Egiptiese Koningin Hatshepsu het meer as 1,500 jaar voor die geboorte van Christus regeer. Sij het ’n gesantskap met skepe na die Landpunt (Skeba) gestuur om daar skatte te gaan haal om ’n tempel vir haar god Amon-Ra te bouw. Die skepe het drie jaar weggeblij en het goud, edelgesteente en speserije gebring. Die Koningin van daardie land het self oor land gekom en nog meer skatte saamgebring. Hatshepsu het die tempel toe te Deir-el-Bahri nabij Tebe in Egipte gebouw. Ter ere van die optog van die Koningin van Skeba het Hatshepsu ’n tekening in die tempel laat afskilder en dit is vandag nog te sien. As jij eendag die geluk het om dié tempel te besoek, let op na die postuur en kleredrag, na die klein handjies en voetjies, die plat neus en kroeshare van die Koningin van Skeba. En wie sal nie sê nie: “Dis ’n uitgeknipte Boesmanmeid”?
Hatshepsu het begin te regeer in 1552 voor die geboorte van Christus en Salomo in 977 voor die geboorte van Christus, dus was die Koningin wat Salomo besoek het, ’n ander persoon. [3]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is nie juis ’n Boesmanstorie nie; maar ons kan die Stories beter vat as ons met die omgewing, en die omstandighede waaronder hulle vertel word, bekend is. In hierdie geval verbeel ons ons dat ons met ons ouers en die vee daar vèr in Boesmanland in die trekveld langs ’n kolk water is. Ons trek bestaan uit ’n tentwa, waarnaas ’n groot gerieflike matjiesgoedhuis staan. Die huis lijk net soos ’n groot miershoop van 8 of 10 voet hoog, die geboë raamwerk is met matjiesgoed-matte oordek. In die dag is die huis lekker koel; as dit reën dan swel die matjiesgoed en word potdig.
Kort voor sononder roep ons pa: “Toe kinders, daar kom die vee werf-toe, loop help met die boklammers!”
Dit was glad nie nodig om dit aan ons te sê nie; want ons is reeds op ’n draf na die vee se lêplek toe. ’n Bok is mos ’n snaakse dier—die ma hou haar onnosel asof sij nie haar eie lam ken nie. So hol sij van een lam na die ander, en die lammers weer hol van een ooi na die ander—en moenie praat van die gebler wat intussen plaasvind nie. Ons outa Bamboes maak nooit met ’n lammetjie fout nie—daarvoor is hij te oplettend; en as ons nog abuis het, dan grijp hij die lam uit ons hande en sê: “Maskas, basie, julle sien dan al aande die lammers en julle ken hulle dan nog nie? Is julle dan net so dom as die bokke?” [4]
Outa Bamboes se ou meid is ook bij, en so neem dit nie te lank nie of ieder lam het sij moeder, en ons stap gesels-gesels terug na die wa toe.
Nou begin ou Bamboes bij ons te pamperlang en sê: “Toe, mij basies, toe tog, as-jou-blief vra tog aan die oubaas om vir julle outa en ouaia ’n stukkie twak te au” (gee).
Ons hol dan vooruit wa-toe en vra vir pa, wat net van die beeste af kom, net soos outa ons dit voorgesê het.
Waarop pa antwoord: “Is dit al weer so? Sê julle vir ou Bamboes en sij oumeid, die tabak groei nie op mij rug nie. Hulle moet stadig, stadig, die tabak is amper op.”
Maar tog, pa gee vir ieder ’n span tabak en sluit die tabakrol weer in die wakis toe.
Blijhartig hol ons die twee oudjies ingemoet en oorhandig die kosbaarheid aan hulle. Dadelik is daar ’n gesoek na die ou knipmes, ieder snij ’n slaaitjie (pruimpie) af, wat verder aan die sorg van hulle kieste toevertrouw word. Die owerige word nou nes goud bewaar. Hierop sê ou Bamboes: “Wag nou, mij basies, nou sal ek vir julle weer gaan vertel van die gedoentes wat die ouvolk gehad het.”
Hulle twee stap saam na die kookskerm toe, wat net ’n paar treë van die matjiesgoedhuis afstaan. Ons gaan om die vuur op ons houtblokke en veldstoeltjies sit; outa en sij oumeid skuif elk ’n klip onder hulle in en plak hul daarop neer. Ons ouers sit binne om ’n tafeltjie met ander reisigers gesels. Nou is ons net in ons glorie.
Die kookskerm is ’n ronde kraaltjie met ’n heining van bossies om. Bo is dit oop, sodat ons die sterre deur [5]die opstijgende hitte kan sien dans; tussen ons flikker die gesellige aandvuurtjie.
Ons word al ongeduldig dat outa Bamboes so ’n lank tijd gebruik om die pruimpie op sij regte plek in sij kieste te plaas, daarom maan ons hom uit die staanspoor: “Toe dan, outa, vertel ons die Stories wat jij ons belowe het.”
Dan val hij weg: “Mij basies en nonnies, nou gaan ek julle van hoeka (lankal) se dinge vertel. In daardie dae het die witmense nog nie in hierdie land gewoon nie. Om julle die waarheid te sê: Ek weet nie of daar toe al witmense gewees het nie; want die vandag se Boesmans hulle ouers se ouers se ouers was toe nog nie daar nie. Die Son, die Maan en die Sterre het toe maar eers in daardie dae gekom. Nou moet julle weet: Dis nie van gister en eergister se dinge wat ek julle gaan vertel nie. Ek praat van die donker dae.…”
Hier val een van ons die ou in die rede en vra: “Maar, outa, wanneer het die Son, die Maan en die Sterre dan gekom?”
Gouw was die antwoord daar: “Wag nou, mij basie, ek sal julle aanstonds in die gouwheid alles vertel. Wag tot ek daar kom. Julle moet reken dat ek nie soveel tonge as tande het om alles tegelijk te kan vertel nie—julle moet mij tijd gee. Ja, in daardie dae het glad ’n ander soort Boesmans gelewe as nou. Dit was vir hulle maar net ’n oogknip se werk om hulle in diere te verander. Daarom is baie van die diere, wat julle nou nog sien, niks anders as daardie ou Boesmans van daardie tijd nie—hulle loop nou in gedaantes van diere rond.” [6]
Hier las die ouaia ’n woordjie in en sê: “Mij basies en nonnies, julle moet verstaan, die ou Boesmans het toe baie meer hulle kinders moes oppas as nou, anders vang daardie ou toornaars gouw-gouw die kinders. Hulle was nie so slim as ons mense vandag is nie; maar die goeters kon so gevaarlik getoor het.”
Ou Bamboes vat weer die woord en vertel: “Ja, in daardie dae sien jij misskien ’n mens staan, jij loop soontoe. As jij daar kom, staan daar ’n boom vol heerlike vrugte en die man is skoonveld-weg. As jij van die vrugte wil pluk, dan weg is daardie boom, en dan kijk jij in die tande van ’n Leeuw. Nou stap jij bang-bang agteruit, agteruit, om weg van daardie gevaarlike ding te kom. Hij verander hom meteens in ’n Springbok, wat dan plesierig rondom jou kom staan pronk. Meteens is hij ’n Hasie, wat ewe lief in jouw arms kom sit om jouw hande te lek. So het die ougeslag gemaak, net soos hulle lekker krij—die een dag is hulle dit en die ander dag weer iets anders. Hulle was toe net plesierig en vol pret.”
Uit korswil vra een van ons: “En, outa, het daardie ouvolk dan ook streepkoppe en peperkorreltjies-hare gehad, net soos julle vandag het?”
Ons kinders lag, ou Bamboes gee ’n gebroke laggie; maar ouaia bestraf en sê: “Kijk nou, kijk nou, hoe spot die diesvolk se kinders met ons peperkorrels en streepkoppe.”
Ou Bamboes pak weer die woord en vervolg: “Julle sê dis nie lekker dae daardie nie; wel ek sê: Gevaarlik of nie gevaarlik nie, trawal of nie trawal nie, traak mij of [7]traak mij nie—dis algaar dinge voor ons tijd, waarmee ons nou niks te doen het nie. Wil julle mij kom vertel dat die Visse in die koue water dit swaarder het as die koggelmander op die warm sand? Of dat die Skilpad in die reën op die grond dit natter krij as die Voëls daarbo tussen die nat takke? Nee, dis hulle geaardheid, en hulle is tevrede daarmee.”
Nou begin outa ons een Storie na die ander te vertel. Nou en dan las die ouaia ’n woord tussen in en het baie te vertel wat haar ma, haar ouma, haar tantes en ander ou meide haar vertel het. Haar Stories is net so mooi en net so boeiend as dié van outa; want sommige Boesmanmeide is net sulke uitstekende storievertellers as hulle mans.
Dis wonderlik hoe na ’n Boesman aan die vuur kan sit sonder dat die hitte hom skroei. Die lekkerste sit van hom is as die rook so onder sij ken in speel: hij draai dan met ’n kreun en steun die kop opsij na die kant vanwaar die wind kom en hij kom klaar. Sij oë traan nie van rook nie.
As hij uitroep: “hiert!” dan weet ons dat ’n rooi jagspinnekop tussen ons deur ’n S maak. Ons spring op en roep uit: “Waar’s hij, waar’s hij?” maar die Boesmans blij bedaard sit. As ’n Skerpioen uit ’n dik stomp kruip, dan vat hij ’n stomp vuur en druk dit daarmee sonder erg dood. Die ander Goggas trap hij eenvoudig met sij strijkijstervoet dood. En die Wipmiertjies, wat teen sij bene op hardloop? Ag nee, dis maar niks nie!—hij klap hul met die hand dood. Verder sit hij perdgerus en steur hom aan niks nie. [8]
Bij hierdie tijd hoor ons pa uit die matjiesgoedhuis roep: “Ou Bamboes, ek hoor die Skape bler, hulle trek, toe loop keer hulle weer terug lêplek-toe.” En tot ons roep hij: “Toe kinders, bring die waswater en kom was, ons wag om te eet!”
Na die ete word die Boeke gevat, en daarna gaan ons bed-toe, met die soet voorsmaak om môreaand weer met die lammertjies te help en om daarna weer Stories te hoor; want thuis op die plaas is dit neusie verbij met ons, dan is ons met iets anders besig. [11]
OPMERKINGS:—Uit hierdie Storie blijk dit dat die Boesmans wel deeglik oortuig is dat alles uit Duisternis gebore is: dit was eers aand gewees en toe môre gewees. Die outa wat ons die Stories vertel het, het altijd die Boesmanwoorde ’Ga en ’Gagen in plaas van nag en duisternis gebruik. En die Hotnotsgod het hij op sij Boesmans ’Kaggen genoem.
In die ou dae was daar net ’n skemering—net soos op ’n donker onweersdag. Dit was koud, en die Son, Maan en Sterre het toe nog nie geskijn nie. Ou ’Ga (nag) en sij ou vrouw ’Gagen (duisternis) het in ’n klipspelonk gewoon. Hulle het nie seuns gehad nie, maar net drie dogters.
Toe die drie meide groot geword het, neem die moeder klein Skilpadjies, haal die vleis daar uit, boor gaatjies aan die voorpunte van die doppies, gooi daarin klein klippies, om daarin ’n geraas te maak as die doppies geskud word; sij snoer die doppies in met ’n riempie van Bobiaanvel gemaak en hang die snoer om die nek van haar oudste dogter. Sij verbied die dogter om die snoer van haar hals af te haal, anders sal die kos in haar buurte opraak.
Toe neem die moeder weer klein kalbasdoppies, maak die doppies skoon, gooi daarin saadjies van bessies, snoer dit in ’n touwtjie van die binnebas van ’n boom gemaak en hang toe die snoer met klein kalbassies om die nek van haar tweede dogter. Sij verbied hierdie dogter ook om die snoer [12]van haar hals af te haal, anders sal die veldkos in haar buurte ook tot niet raak.
Daarop neem die moeder die ore van Springbokke, slag die buitenste harige vel daarvan af, neem die binnenste wit pit van die ore en maak daarvan klein blasies, gooi toe eers daarin droë sand om die sakkies mooi te laat droog. Toe die sakkies droog was, gooi sij daarin die harde korrels wat in Springbok-oë is, om ’n geraas te maak, rij die blasies in met ’n touwtjie van Springboksenings gemaak en hang die snoer om die nek van die jongste dogter, met die gebod om dit nie van haar hals af te haal nie.
Toe roep die vader en moeder die drie dogters om voor die mense te kom dans om te sien hoe mooi hulle kan dans en om te luister hoe pragtig die snoere om hulle nekke raas as die drie meide dans.
Baie mense het van ver gekom om na die pragtige danse van die drie jongmeide te kijk en het hulle baie verwonder. Maar die jonkmans was maar versigtig vir die drie meide, omdat hul die drie dansers as toorhekse beskouw het. Dáároor het die drie hulle nie erg bekommer nie, want hulle was gelukkig waar hulle was.
Die Gogga, wat ons die Hotnotsgod, en wat die Boesmans ’Kaggen noem, en wat nes ’n lang, plat Sprinkhaan lijk, wat sij dik voorpote saam hou asof hij bid—wel, daardie Hotnotsgod het op ’n bossie gesit en het aldag sit en kijk en luister hoe die drie jongmeide dans. Om beter te kan sien en te luister, verander hij hom in ’n groot wilde bok en kom toe nader en kijk met nuwsgierige oë na die dansers. [13]
Die ou vader grijp toe sij pijlkoker en boog en bekruip die groot bok; hij skiet en skiet, maar elke slag was dit mis. Hij kruip toe weer nader, vat goed korrel en toe raak hij die bok. Die bok hol ’n entjie weg en val dood—of liewers gesê: hij hou hom dood.
Daarop stap die vader en moeder met die dogters nader om die bok af te slag. Na hul hom afgeslag het, snij die ou die bok in vier kwarte. Hij vat ’n agterkwart en die vel en dra dié; sij vrouw dra die ander agterkwart en binnegoed; die oudste dogter vat ’n voorkwart en dra dit; die tweede dogter dra die ander voorkwart, terwijl die jongste dogter die kop met die rugstring daaraan pak en dra.
Die kop begin toe met die jongste dogter te praat en vra waarom hulle hom so seer moet maak. Die kop knip sij oë en steun erg pijnlik.
Die jongste dogter roep uit: “Pa, die bok se kop leef nog—hoor hoe praat hij met mij en hoor hoe steun hij!”
Die ander draers neem dit vir korswil op en steur hul nie aan die praatjies van die jongste suster nie.
Weer roep die jongste dogter: “Pa, dis regtig waar, die bok se kop leef nog, hoor hoe hij praat en steun—kijk hij knip oë.”
Ook van hierdie gesegdes van die jongste dogter word geen notiesie geneem nie. Die draers stap voort.
Maar toe die jongste dogter vir die derde keer roep en sê: “Pa, ek smijt net nou die bok se kop met rugstring en al weg: hoor hoe praat en kreun hij, en kijk hoe knip hij sij oë,” toe blij die draers staan om te kijk. En terwijl [14]hulle blij staan, draai die vier kwarte hulle bo op die koppe van die draers om. Hulle sit van skrik die vier kwarte op bossies neer om dié nie vol sand te laat word nie. Elke kwart draai hom weer reg, want die dorings en skerp punte van die takkies steek hulle. Toe skrik algaar nog meer en staan eenkanttoe.
Die een agterkant spring toe op en gaan na sij plek aan die rugstring en heg hom daar vas, toe spring die ander agterkwart ook op en heg hom op sij plek vas; daarop spring die een voorkwart op en gaan na sij plek aan die rugstring toe; daarop volg die ander voorkwart en heg hom op sij plek vas; toe kruip die ingewande in die afgeslagte bok; die bok spring na die vel toe, en die vel vouw hom daarop om die bok, net soos hij tevore was, en die bok staan weer ewe bedaard die draers te aanskouw. Daarop hol hij op ’n kort galoppie weg en word daarna weer die Hotnotsgod, wat soos ’n lang, skraal Sprinkhaan lijk.
So vind die ou vader en sij gesin uit dat ’Kaggen hulle lelik geflous het. Maar hiermee was dit nie gedaan nie.
Die Hotnotsgod, na verloop van enige dae, verander drie van sij seuns in drie jonkmans en hij stuur hul na die drie jongmeide toe. Die drie meide krij net sin in die drie mooi jongkêrels. En ieder jonkman vat een van die dogters en trouw met haar.
Hulle maak toe hutte van bossies en gaan daarin woon; want daar was volop Wild en veldkos—net soos hulle ma hulle voorspel het—, solank die drie dogters die snoere om hulle nekke dra. [15]
Daar het toe ook baie ander Boesmans kom woon, wat op die Wild en veldkos kom jag maak het. So het daardie plek net ’n plek van plesier geword.
Sonder om te twis, het hul daar in vrede saam gewoon; want kos en al die nodige was daar volop; plesier en pret het daar nie ontbreek nie, en wat wil hulle meer hê? In een woord, dit was daar ’n lui-lekker land. [19]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd ’Kou genoem, wat berg in die Boesmantaal beteken.
’Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod, het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos krij nie—sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.
Maar ’n Skilpad is ’n diertjie wat stadig loop en lui is—so het ’Kou ook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met ’n Skilpad, of die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes toe voortaan maar alles self alleen doen—ja, hij moes selfs gaan om vir haar Skilpaaie te vang.
Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie, uit vrees dat hulle ook net so lui as ’Kou sou word. [20]
Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar ’n Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie hê waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so sê die Bobiaan aan die kind dat hij daardie riempie wil hê, want dit was gemaak van die vel van sij broer, en sê dat hij die volgende dag weer sou kom en dan sou hij die riempie van ’Kou haar nek met geweld kom afpluk.
Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie, maar thuis te blij.
Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij gesê het, en hij herhaal sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.
Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, sê dat hij sal loop, maar waarskuw ’Kou dat hij die volgende dag met ’n kommando van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.
Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.
Net soos hij gesê het, kom die Bobiaan die volgende dag met ’n groot geselskap van sij famielie.
Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in ’n groot Voël, en die kind verander hij in die [23]Weerklank, of Echo. Die Voël vlie op en maak ’n groot wind met sij vlerke, sodat daar ’n dik stof kom en die Weerklank maak ’n groot geraas. Toe die Voël in die rondte warrel, ontstaan daar ’n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout rondsmijt. Hier krij ’n Bobiaan ’n slag met ’n klip teen die kop, daar ’n ander ’n houw met ’n stuk hout, en die sand en stof dwarrel so verskriklik in die oë van die Bobiane dat hulle verplig was om uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar vér vandaan, roep hulle uit: “Wag maar, ons sal ’Kou nooit met rus laat nie—op haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig omkrap en omrol.” Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.
Maar ’Kou het bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap, en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in ’n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.
Toe die Bobiane sien hoe ’Kou in berge verander het, was hulle net blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want hulle het ’Kou mos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak tot solank as daar nog ’n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.
’Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in ’n ewige slaap. [27]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die gedaante van ’n Voël aangeneem het en nou in ’n gat in die berge woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord I-moya uitdruk.
’Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword; haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in ’n Voël, of Windvoël vervorm geword. Hij het toe in ’n gat in ’n klipkrans in die berge gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon, te gaan nie. In dié gat is ’n groot gedruis. Sodra iemand nabij die gat kom, dan waai daaruit ’n geweldige Wind, wat daardie een teen die grond smijt, om sij oë met sand en stof te vul. Of anders dwarrel die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom vér weg en laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer die bossies, matte of velle daarvan vér weg dat die eienaars dit nie gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie, of om te nabij sij huis te gaan nie.
Maar die Wind was eers ’n mens, ’n man uit die ougeslag. Hij het eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij stil en het met hulle saam gespeel [28]en gejag. Hij het met kieries en klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing en gedans nes die ander mense.
Maar toe hij ’n Voël geword het, het hij nie meer geloop nie, maar het net gevlie om sij kos te soek.
As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Voël hom op die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof, die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit in aanraking kom. Die Boesmans sê: Die Wind waai sterk as die Voël sit.
Wil die Voël ’n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke in die rondte. Dan kan ’n mens ’n pilaar stof in die lug sien optrek en ronddraai.
As die mense die Voël kwaad gemaak het, dan klap hij vir dae agtereen met sij vlerke om die wind ver oor berge, vlaktes en seewaters te stuur. Maar het die mense hom met rus gelaat, dan keer hij terug na die gat waar hij woon en gaan daarin slaap tot iemand hom weer moveer, of kom skrik maak. So pas op! Moenie die Wind skrik maak nie.
Die Windvoël stuur ook sij wind tot binne in die mense en diere. Neem hij die wind van die mense en diere weg, dan sterf so-een, en dan sal daar nooit weer asem in die mond en neus van daar die een kom nie. Die Wind is die Gees wat in die mense woon. [29]
Iemand moet oppas dat hij nooit die naam van die Voël noem nie—vernaamlik as die Voël nabij is; want die Voël wil nie dat iemand somaar sleg van hom moet praat nie.
So was daar eendag twee opgegroeide kinders wat oor die Voël sit en gesels het. Die Voël kom daar nabij sit en luister na alles. Een van hulle sien die Voël sit, hij vat sij boog en skiet na die Voël. Die ander vat ’n kierie en klippe en gooi na die Voël. Dog geeneen van hulle kon die Windvoël raak nie. Die Voël blij sit tot hulle ophou om oor hom te gesels, en toe eers vlie hij uit sij eie weg.
Maar wat gebeur toe daarop?
Die Windvoël laat toe eers ’n donker stof in die verte aankom. Daardie stof peil reguit na daardie twee kinders toe. Die warrelwind grijp die twee, laat hul eers op hulle koppe staan en draai hul nes tolle in die rondte. Daarop los die Wind hulle, waarop die twee die vlug neem. Die Wind agtervolg hul en drijf hul met woede voort. Hulle vlug agter bome in; maar die Wind breek die boomtakke bo hulle koppe, sodat hulle lewe in gevaar kom. So moet hulle weer vlug en skuiling agter rotse gaan soek. Maar toe waai die Wind om die rotse heen en smijt sand en klippies in hulle gesigte. Dus moes hulle weer vlug. Hulle hol toe na ’n klipspelonk, en dit geluk hul toe om daarin te kruip. Maar die Wind waai so geweldig in die klipgrot dat die twee nouwliks hulle asem kon krij—hulle dwing toe net om te versmoor.
Die twee moeders sien toe dat hulle twee kinders in groot gevaar verkeer en weet somaar dat die kinders die [30]Wind kwaad gemaak het. Hulle neem bossies wat ’n aangename ruik gee as dit gebrand word, en hulle brand dié; ook neem hulle fijn boegoe en strooi dit in die Wind, wat net waai in die rigting van die kinders en wat nie waai waar die ander mense staan en sit nie. Die Wind krij toe die aangename ruik en bedaar. Ook het die moeders deur sing en musiek die Wind weet te kalmeer en in ’n aangename stemming te bring.
En toe eers kon die kinders uit die klipgrot kom.
Daarop het hulle moeders hulle vertel dat die Wind net soos ’n Hond is: noem jij sij naam, dan luister hij: praat jij mooi met die Hond, dan kwispel hij met sij stert. Maar spreek jij daardie Hond kwaai aan en gooi jij hom met klippe, of slaan hom, dan knor hij en vlie jou in.
Van toe af weet die mense om nie roekloos met die Wind om te gaan nie en om hom te respekteer. [33]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die Weerklank voorgestel as ’n Gees wat mense bedrieg, bespot en weglok.
Die Weerklank, of Echo, is die dogter van die Berge—haar pa is die Wind, wat deur sij dogter spreek. Sij is ’n spotter, wat van korswil nooit moeg word nie. Die een wat sij uitkoggel, sal moeg en kwaad word, maar die Weerklank nooit nie! Hoe meer iemand lag of huil, sing of skel, hoe mooier dit vir haar is. Sonder een woord uit te laat, sê sij as sij alleen is, alles na wat ’n ander uiter.
Sij woon daar bij haar ma in die berge: in die diep klowe waar klipkranse en afgronde is, daar is sij altijd te vinde. Ofskoon sij lank kan stilblij en nooit uit haar eie gesels nie, slaap sij nooit nie; want roep iemand, dan gee sij dadelik antwoord; sij is altijd wakker.
Die man wat eerste Musiek uitgevind het, se naam is Speelman. Hij het vir hom verskillende trompetters van Wildhorings gemaak. Van fluitjiesriet het hij fluite gemaak. Snaarinstrumente het hij van snare van Wildderms gemaak. Selfs ’n tamboer het nie makeer nie: hij het ’n pot geneem en het daaroor ’n Springbokvel getrek waarvan die hare afgemaak was. Speelman kon o, so mooi sing en speel. Daarom het hij iemand gesoek wat ook net so pragtig kan sing en speel as hij; maar hij kon die persoon nie vind nie. [34]
Die mense vertel hom toe dat daar in die klowe so ’n mooi jongmeid woon, wat net so mooi kan sing en speel. Haar naam is Weerklank—ander noem haar Echo.
Speelman stap toe na daardie klowe in die berge toe. Hij begin op sij wildhoring te blaas, en toe hij antwoord krij, begin hij te sing. Was hij nie verwonderd nie toe hij hoor dat Echo nog mooier as hij kan sing? Want ’n weerklank klink altijd mooier as die stem wat dit weerkaats.
Hij roep: “Waar is jij!”
Die antwoord kom: “Waar is jij?”
Hij antwoord: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”
Die Echo roep: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”
Speelman staan op en loop daarnatoe. Onderwijl speel hij op sij ramkie. Maar toe hij nader bij die plek kom, toe verplaas die klank haar en gee antwoord van glad ’n ander krans af. Die musiek van die Weerklank was vir hom te mooi.
Hij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”
Sij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”
Hij gaan sit en wag en hou aan sing en speel. Maar nou hoor Speelman dat die stem van meer as een plek kom. Dit maak hom nog meer nuwsgierig en ongeduldig. En wat nog meer sij nuwsgierigheid en geduld op die proef stel, is dat die stemme glad nie nader kom nie, maar blij waar dit is.
Nou weet hij glad nie hoe hij dit het nie. [35]
[36]
Hij begin toe agter die lokstemme aan te stap. Hoe nader hij kom, hoe verder uitmekaar die stemme gaan—dan hoor hij een stem, dan twee, dan drie en dan meer. Hij gee nie moed op nie en hou aan stap. Hij dwaal toe so ver weg tussen die klowe en gebergtes dat hij eindelik in die gramadoelas1 te lande kom om daar te verdwaal.
Wel, in sulke gramadoelas het Speelman te lande gekom. Stemme ontbreek nou nie. Die Echo laat haar steeds hoor; maar aan die gebrul van Leeuws, gehuil van Wolwe, getjank van Jakhalse en geblaf van Bobiane ontbreek dit nie—om nie eens van die gehoehoe van Uile te praat nie.
Toe, vir die eerste maal, gevoel Speelman hom in ’n benarde toestand. Hij maak toe plan om terug te keer.
Maar watter kant toe nou?
Hij het toe begin te dwaal en verdwaal. Die eerste wat hom teëkom, was ’n trop Bobiane. Die ou voorman van hulle vra aan Speelman wat hij daar op hulle veld kom soek. Die Bobiaanwijfies roep uit: “Snij sij bene af en gee dié aan ons, dat ons ook kan regop loop.” Die Bobiaankinders roep uit: “Snij sij kop af, dat ons daarmee bal-bal kan speel; want dit lijk of dit nie kan breek nie.”
Versigtig stap Speelman agteruit tot hij bij ’n boom kom en so gouw as ’n kat klim hij daarin. Die voormanne van die Bobiane storm die boom; dog Speelman vat sij groot wildhoring en blaas so hard daarop dat die klowe daarvan weergalm. Die Bobiaankinders sit ’n keel op, [38]hol weg en skree dat die berge wou vergaan. Die Bobiaanwijfies vlug agter hulle kinders aan, en al die ander volg en spaander die rant oor.
Toe klim Speelman uit die boom en vlug. Hij moes toe sij weg baan deur Tiere, Wolwe en Jakhalse, wat algaar dreig om hom te verskeur. Maar geeneen durf aan hom vat as hij op sij musiekinstrumente blaas of speel nie.
Hij was moeg, honger, dors en uitgeput en gaan toe sit en rus; dog ongelukkig val hij in slaap. Toe hij wakker skrik, het ’n Leeuw hom aan sij toegedraaide karos. Speelman hou asem op en maak of hij dood is.
Die Leeuw dra hom toe weg om hom aan sij kinders te gee. Maar die Leeuw word moeg van dra en gaan toe rus. Hij lê Speelman op die grond neer, maar kijk eers goed of hij wel regtig dood is. Daarop gaan die Leeuw op ’n kort afstand agter ’n klip staan en loer om die hoekie of Speelman nie roer nie. Maar Speelman het wel effe sij kop gedraai om te kijk wat die Leeuw nou wil maak. Die Leeuw kom terug en draai Speelman se kop weer soos dit gelê het en hij gaan toe weer agter daardie groot rots staan en loer—want dis die ou gewoonte van Leeuws om soiets te doen om uit te vind of die een regtig dood is.
Speelman draai toe sij kop effe, net dat hij met een oog kan sien wat die plan van die Leeuw is.
Die Leeuw stap verder en staan weer bo oor ’n rantjie te loer. Hij stap weg, maar kom dadelik gouw weer terug om te loer. Speelman lê nog stil. Maar toe die Leeuw verdwijn en so lank nie kom kijk nie, spring Speelman op, klouter ’n steil krans uit en verdwijn aan die anderkant [39]van die rantjie. Toe die Leeuw met sij kinders terugkom, was Speelman baie weg.
Die Leeuw kon die spore van Speelman oor die steil kranse nie volg nie, en so het Speelman vrijgekom.
En na lank rondgedwaal te hê, het Speelman sij huis bereik.
Op hierdie manier het die Weerklank baie mense wat die Echo nie ken nie, verlei en het hul nes blinde laat ronddwaal en verdwaal tot iemand die verdwaaldes weer tereg help. [43]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die Vlaktes ontstaan het. Ons ou verteller het die Grond altijd ’Kaun genoem—dis so na as ons die uitspraak kan opskrijwe, want bijna iedere Boesmanwoord word met ’n klik van die tong uitgespreek, en daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b, c nie toereikend is nie.
Die tweede Dogter van ’Ga en ’Gagen het met haar man in hutte van matjiesgoed gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te maak. Die betowerende invloed van die snoer kalbassies wat om haar nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in haar buurte laat groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.
Die snoer van kalbassies het gemaak dat ’Kaun, die tweede Dogter, glad nie lus vir vleis gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het ’n oorvloed van eetbare veldvrugte en veldwortels gegroei, sodat sij nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar ook lui gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou doen nie. Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan jag en het genoeg wildvleis vir hom en hulle kind gebring; maar vir ’Kaun moes hij altijd net veldkos bring.
Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos te [44]gaan soek, kom daar ’n Boom, wat aan die kind vra waar sij ma, ’Kaun, is. Hij sê dat ’Kaun ’n snoer kalbassies om haar nek dra, waarvan die touwtjie waarmee dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam van sij broer gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer wil doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee te gaan reg dokter.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook een van die mense van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met ’n hele Houtbos van Bome sal kom om die touwtjie van ’Kaun haar nek af te skeur.
Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom gesê het, hij soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te gaan nie, want sij ma is bang.
Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te gaan haal, sodat hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome hulle op een plek vaskeer nie.
Die volgende dag kom daar ’n hele Houtbos aan saam met die Boom en hulle stel weer hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies om ’Kaun haar nek gebind was, te krij. Die man weier, en die Bome, met ’n groot gedruis, word net opstandig en maak ’n lawaai.
Die Hotnotsgod, wat daar nabij aan ’n takkie gesit het, aanskouw en luister na alles wat daar gebeur. Hij verander toe die man, wat sij eie seun is, in ’n groot Vuur en die kind verander hij in ’n Opgewing, of Lugspiegeling. Die Bome word toe bang vir die geweldige vlamme van die Vuur en hulle spaander die veld in. En die Opgewing, wat bokant die vlamme dans, tesame met die rook, laat die [45]Vuur nog afgrijsliker lijk, sodat die Bome nooit weer oor daardie touwtjie, van die binnebas gemaak, kom pla het nie.
In hulle vlug roep die Bome terug dat hulle vir ’Kaun nooit met rus sal laat nie; hulle sal op haar graf kom trap en sal hulle wortels diep in die graf laat ingroei.
’Kaun word bij die dag luier en wil niks anders doen as net slaap nie. Sij krij ’n pijn om haar hals en toe sij wakker skrik van die pijn, het die pitjies en saadjies wat in die kalbassies is om die geraas te maak, begin te groei en het hulle wortels deur die hals in die lijf van ’Kaun laat groei. Niemand kon toe hieraan iets meer doen nie, so het ’Kaun aan slaap geraak en het toe in die Vlaktes verander en sij slaap, slaap, slaap vandag nog voort. En die Bome, tesame met bossies en gras, groei orals oor die Vlaktes; want hulle het gesê dat hul die graf van ’Kaun nie sal respekteer nie. Daarom is dit tot vandag toe nog dat die wortels van Bome so graag ’n toegedekte graf binnedring om hulle om die doodsbeendere te vleg.
’Kaun, die Vlaktes, is nie dood nie, maar sij slaap net; die Bome, bossies en gras groei daarop en put gedurig krag daaruit; maar heeltemaal dood krij vir die Vlaktes is min! Solank as daar ’n wêreld sal wees, sal daar Vlaktes wees. En solank as daar Vlaktes is, sal daar Bome, bossies en gras op groei.
Gedurig werp die veldgewasse hulle sade op die Gronde, en die sade ontkiem en groei, net soos die pitjies wat in die kalbassies was, en stuur hulle wortels diep in die hals van die Aarde, naamlik in die hals van ’Kaun. [49]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die doen en late van Vuur beskrijwe. Ons ou verteller het die Vuur altijd Danser genoem, omdat ’n vlam sonder ophou aan dans blij. Die instelling van die ’Nu-Fees word verklaar.
Die Vuur se naam is Danser; maar sij vrouw, ’Kaun, is in die Vlaktes verander geword. Hij is die seun van die Hotnotsgod en het eers nes ’n mens rondgeloop, gejag en gespeel. Nou is hij Vuur, wat niemand sal kwaad doen nie, mits ’n mens van sij lijf af blij en hom nie kwaad maak nie—dan verteer die Vuur alles.
Nou nog stap Danser nes ’n mens rond; maar meestal kan ’n mens hom nie sien nie. Want hij maak ook net soos sij broer, die Wind: hij kruip orals in. Slaan ’n mens klippe teen mekaar, dan spat daar Vuur uit. Vrijwe ’n mens houtjies teen mekaar, dan ontvlam die hout. Ook uit die lug kom die Weerlig-Vuur! Ja, die Vuur het ook in mense en diere ingekruip—al sien ons die Vuur nie in ons of in die diere nie, tog hij is daar. Want gaan hij uit die mense of diere, dan word hulle vleis koud, hulle sterf en is dood.
Ook in die plante sit vuur; want as ons vuur maak, dan kom die Vuur wat in die plante sit, te voorskijn. [50]
Maar Danser is nog altijd kwaad vir die Bome omdat hul met sij vrouw, die Vlaktes, baklei het en omdat hul nou nog met hulle wortels in die lijf van sij vrouw vasgroei. Daarom brand Danser nog altijd die hout van Bome; ook die gras en bossies ontsien hij nie.
Wanneer Danser as ’n mens rondstap, dan is daar groot lig en warmte op die plek waar hij loop. Die ander mense is dan blij om nabij hom te wees. Want in daardie dae het die Son, Maan en Sterre nog nie geskijn nie, en dit was toe taamlik skemer—net soos in swaarbewolkte dae wanneer iemand nie goed kan sien nie. Maar Danser se kop het geblink en het vir hom genoeg lig gegee om orals goed rond te sien. Hij het nooit oor koue gekla nie.
Maar hij het ’n slegte humeur gehad en wil glad nie geterg wees nie. Vat iemand aan hom, dan bijt Danser daardie vrijpostige een. Maar hou ons vrinde met hom, dan blij hij binne ons om ons warm te maak; ook maak hij ons langs die Vuur warm en gee ons lig as hij voor ons kom dans en is selfs gewillig om ons kos gaar te maak—dan is hij ewe plesierig as ons hom genoeg hout gee om mee te baklei—hoe meer hout, hoe plesieriger is hij.
Bij ’n seker geleentheid was daar baie Wild en veldkos. Die mense van daardie tijd het toe ’n groot fees gevier. Daar het baie mense na daardie fees en dans gekom—aan pret en kos het dit nie ontbreek nie.
Danser was ook daar; maar aangesien hij nie lig aan sij lijf vertoon het nie, het niemand hom as die Vuurman herken nie. Maar na hulle ’n rukkie geëet en gedans het, sê hij dat hij die mense sal leer om vuur te maak. Hij [51]neem toe ’n sagte houtjie en maak aan die sij ’n holte, lê die houtjie op die grond en gooi die skaafseltjies in die holte. Toe vat hij fijn gevrijfde grassies en lê dit naas aan. Hij vat toe ’n dunner en harder stokkie en draai dit tussen sij twee plat hande vinnig regop rond. Die skaafseltjies vat vuur; daarop begin die fijn grassies. Hij blaas dit aan en toe ontstaan daar ’n vlam. Hij lê fijn houtjies op die brandende gras, toe weer dikker hout en daar bo-op dik stompe. En spoedig brand daar net ’n tamaai groot vuur.
Die mense het hulle stom verwonder; hulle sing en dans om daardie vuur, wat so baie lig en warmte gee. Daarop trek Danser ’n wije kring om die vuur en sê dat hulle die kos binne daardie kring moet bring om te braai. Want voor daardie tijd het algaar die kos rouw geëet, nes die Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en Hond vandag nog doen; want hierdie diere is ook mos mense van die ougeslag wat hulle in diere verander het.
Die mense proe toe dat gebraaide vleis lekkerder as rouw vleis smaak. Van daardie dag af word kos gebraai en gekook.
Buite om die ring waarin die vleis gebraai word, trek Danser weer ’n tweede ring, sodat die mense tussen die braai-ring en die tweede ring moet dans, sing en musiek maak. Buite om daardie twee ringe is die buitewêreld waarin ’n mens net alles kan doen wat hij wil.
Toe was die vrolikheid net groot en uitbundig: die meide klap op hulle hande, sing en slaan op tamboere; enkele van die mans speel musiek, terwijl die ander mans [52]dans dat die stof so trek. In die dans buig en knik hul grappig met hulle koppe vir die meide, wat dit alles met vrolike gelag begroet.
Algaar is onder ’n stofdamp; want as daar nie stof is nie, dan lijk dit ook nie of daar gedans en pret gemaak word nie. Die plesier en vrolikheid het tot die volgende oggend aangehou, en toe gaan hulle slaap.
Die kinders, wat nie meegedans het nie, moes vroeg gaan water haal; want die dansers het toe al reeds baie dors, daar al die water gedurende die danserij uitgedrink geword het.
Van toe af word daar feeste gehou, en is die ’Ku-dans ingevoer. [55]
OPMERKINGS:—Nes die Weerklank, is die Opgewing, of Lugverheffing, ’n spotter en verlokker van mense, wat in die veld rondloop. Sij verblind die mense hulle oë, sodat hulle dinge sien wat glad nie bestaan nie.
Die Opgewing is die Dogter van die Vlaktes en van Vuur. Sij is iemand wat lekker kan spot en verlok; daarom het hul haar die naam van Antjie van die Vlaktes, of somaar kortweg, Antjie Vlaktes, gegee. Sij het getrouw aan haar ouers geblij, het altijd bij hulle blij woon, en dis daarom dat sij nog altijd bo die vlam van Vuur en op die Vlaktes dans en daar ronddwaal.
Die Weerklank, of Echo, kan praat en gesels, maar is onsigbaar; terwijl dit net anders om is met die Opgewing: sij kan gesien word, maar kan nie praat nie—sij is doofstom; maar tog so vol streke as dit kan kom. Sij weet net hoe om met die mense deur drome te gesels, want sij is die moeder van Drome. Daar bo die vlam en daar op die Vlaktes kan sij haar goed verstaanbaar maak; want sij gee lewendige, bedrieglike beelde en is ’n woelige Gees sonder rus.
Bij ’n seker geleentheid—nog in die dae van ouds—is die grondgebied van die Boesmans van die ougeslag deur vreemde mense van glad ’n ander soort oorstroom geword. [56]Daardie vreemdelinge was baie en sterk. Die Boesmangeslag het toe bang geword, want hulle kon nie hulle man teen daardie Wildemense staan nie.
Maar Antjie Vlaktes krij gouw ’n plan om dit vir die Wildemense onhoudbaar te maak deur hulle in allerhande moeilikhede te lok. Sij vertoon haar eers as ’n mooi jongmeid. Die seun van die voorman van die Wildes word verlief op haar, hij volg haar en soek om ’n praatjie met haar aan te knoop.
Sij antwoord: “As jij kan doen wat ek kan doen, dan sal ek jou neem—anders nie.”
Hij willig in, en sij vra hom om te dans. Sij gaan toe in die vorm van ’n flikkerlig bo die vlamme van die Vuur dans. Hij het toe nog nie vuur geken nie, so wil hij ook doen wat Antjie doen; maar kom in die vlamme om. Hieroor word die Wildemense kwaad en soek toe van stonde aan om nie alleen Antjie Vlaktes, maar ook al haar mense te vermoor.
Die Boesmangeslag ken al die veilige plekke en vlug daarheen en die Wildes agtervolg hul. Wanneer die Wildemense moeg word en gaan slaap, dan verskijn Antjie Vlaktes aan hulle in verskrikkende drome en verskrik hul so dat hulle nie rus kan krij nie en van vrees vlug hul die veld in. Hul was toe so bang dat hul amper nie wou gaan slaap nie. Is hul weer in die oop veld, dan dans Antjie Vlaktes in ’n flikkerlig oor die hele veld, sodat die Wildemense niks duidelik kan beken nie. As Gees van die Vlaktes besit sij ’n wonderlike toorkrag. Daar in die verte vertoon sij haar as ’n groot pan water of ’n rivier. Langs [57]die waters lijk dit of daar pragtige houtbosse, huise en hutte staan. Die Wildes meen dat hulle Antjie en haar mense daar sal krij. Maar op pad daarheen verander die fatsoene van daardie bosse en waters op verskeie maniere. Nou lijk dit of die rante daarnaasaan los van die grond staan; dan weer hang die bome kop-na-onder; daarop sien hul bome in die lug—weg van die grond—groei.
Die vreemdes voel hul nou in ’n spookland, waar dinge van een fatsoen in ’n ander oorgaan. Hulle raak toe raad-op en maak toe reeds plan om weer na hulle eie land terug te keer.
Toe Antjie van die Vlaktes dit gewaar, was sij net blij. Sij laat die vreemdelinge algaar in ’n slaap val en verskijn toe aan hulle in pragtige drome. Hulle sien o, so ’n mooi vlei, waar ’n uitgestrekte pan water is. Daar was sierlike houtbosse, groot huise en gerieflike hutte en Wild, so groot as hul nog nooit gesien het nie, in oorvloed. Hulle droom van die heerlike vrugte en lekker veldkos—sodat hulle monde somaar begin te water.
Toe die vreemdes ontwaak, vertel die een aan sij naaste hoe mooi hij gedroom het. Onder die vertel kijk hulle op, en, ja werklik! daar sien hul in die verte met hulle oë wat hul in hulle drome gesien het. Die Springbokke is so groot as bome, en dit lijk of hulle op vier hoë pale in plaas van bene rondstap—wat nog te praat van die ander Wild wat nog groter is!
Die voorman van die Wildemense roep toe sij mense en sê: “Kom laat ons na daardie pragtige, lekker land stap—ons is netnou daar, en dan het julle alles wat julle hart [58]begeer. Want ek het reeds in mij droom al die vet Wild, die heerlike veldvrugte en die lekker veldkos gesien. Daar kan ons lekker gaan plesier maak.
Hulle stap toe na daardie lui-lekker land toe.
Maar vreemd genoeg, hulle stap en stap, maar kom nie nader nie, terwijl alles so nabij en groot lijk. Hulle hou moed en stap nog haastiger, en dit lijk of hul nou-nou daar sal aankom; maar net verniet.
Terwijl alles so na en duidelik lijk, wou hul nie omdraai nie—dit sal tog te sleg wees; so stap hul nog vinniger, en het so vir ’n lang tijd aangehou.
Eensklaps stort die hele spookverskijnsel in niks. Die vreemdes voel hul toe op koers na hulle eie land toe. En toe hul reg opkijk, was hul weer terug op hulle ou woonplekke.
Op hierdie manier het die Opgewing haar mense verlos. [61]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van waar die Waters kom, en wat watervloede kan uitrig. Die Boesmanwoord vir water is ’Khwa, en so het ons ou verteller ook die jongste Dogter genoem. Die Boesmans glo dat daar gloeiende weerligstene is.
Die jongste Dogter, ’Khwa, het ook met haar man in hutte van matjiesgoedmatte gemaak, gewoon. Die matte het sij van haar tweede suster, die Vlaktes, present gekrij.
’Khwa het baie verskil van haar twee ouer susters. Die snoer van Springbokore om haar nek het haar net so rats as ’n Springbok gemaak. En daar ’n Springbok ’n dier is wat snags nie slaap nie, so het ’Khwa ook maar min geslaap, sij was altijd aan woel, altijd besig—dis min dat sij tot rus kom.
Die snoer van Springbokore het haar ’n onweerstaanbare lus vir Springbokvleis gegee en sij het groot plesier daarin geneem om self die bokke te gaan jag. Haar man het ook self gejag en veldkos gaan soek; so het hulle altijd volop kos vir hulle en hulle kind gehad.
Sij het darem meestal thuis geblij om haar kind op te pas, maar as die man bij die kind thuis blij, gaan sij veld-toe. [62]
Eendag was die kind alleen thuis, toe kom daar ’n groot Springbok. Hij was ook een van die ougeslag van Boesmans. Hij eis die snoer van Springbokore wat met die senings van ’n Springbok om die nek van ’Khwa vasgebind is. En hij hou hom net kwaad en parmantig.
Die kind wou ook nie vertel waar sij ma is nie en versoek die bok om weg te gaan; so nie, dan moet hij die gevolge staan.
Dog die Springbok antwoord dat hij wel sal weggaan; maar dat hij die volgende dag met ’n trop van sij broers sou kom om ’Khwa te bestorm en dood te trap, as sij nie die snoer wil opgee nie.
Die middag toe die vader thuis kom, vertel die kind alles aan sij pa wat die Springbok gesê het en versoek sij pa om tog nie die volgende dag veld-toe te gaan nie.
Die vader sorg toe vir kos vir die volgende dag, sodat hulle nie nodig gehad het om honger te lij nie.
Die dag daarop sien hul hoe die stof van die naderende Springbokke uitslaan. Hulle word toe bang.
Dog die Hotnotsgod, wat daar nabij op ’n bossie gesit het, het dit alles aanskouw. Hij verander toe die man in ’n groot Os, of die Waterbees, wat ook die Reënbees genoem word, en die kind verander hij in die groot Waterslang, wat die pragtige skitterende steen op die kop dra.
Die Reënbees blaas toe ’n dik misbank uit sij neus en dik swart reënwolke in die lug, waaruit ’n swaar stortbui val, sodat dit donker word en daar ’n groot watervloed kom, en die groot Waterslang laat ook strome water uit die grond opborrel. Die Springbokke moes toe uitswem en [65]vlug om hulle lewe te red. Hulle het so geskrik dat Springbokke van daardie dag af nog nie water drink nie.
Toe die Reënbees en Waterslang na ’Khwa soek, vind hulle uit dat dit sij is wat in Waters verander het. En daar ’Khwa min rus gehad het en altijd in beweging was, daarom sal die Waters net so wees—daarin sal altijd ’n roering en rusteloosheid wees, net soos die See vandag nog is.
Die ander mense sien toe die Waters en begin daaraan te proe en hulle vind uit dat dit ’n goeie iets is om die dors mee weg te neem—van daardie tijd af drink hulle water.
Dog daar is ook onder hulle wat nie van die water wil drink nie, soos die Springbokke, Hasies, Skilpaaie en die Goggas—hulle drink ’n ander soort water, wat hulle nie gouw laat dors krij nie. Maar net verniet: hulle sal nooit vertel waar daardie water te vinde is nie.
’Khwa is nou die uitgebreide en rustelose Waters. In strome vloei sij na die riviere, en die riviere op hulle beurt vloei in die woelige See. As reën sweef sij in wolke deur die lug; as mistige weer, wat die asem van die Reënbees is, sweef sij oor die berge en vlaktes—nooit het sij rus nie; selfs uit die grond borrel sij in fonteine op.
Die Waters, net soos die ander twee susters, die Berge en die Vlaktes, is sterk. Die Waters kan groot gewigte mee voer en dra, en swaar goeters kan daarop drijwe. Sij leef nie alleen bo en onder die grond nie, maar ook in mense, diere en plante. As sij uit die mense, diere en plante uitgaan, dan sterf hulle van dors. Dus Water, Vuur (warmte) en Wind (asem) is wat mense aan lewe hou. [66]Hulle drie sterf nie, en solank as daar ’n Aarde sal wees, sal daar Water, Vuur en Wind wees.
Somtijds baklei die drie met mekaar; maar meestal werk hulle saam. Sien die Boesmans ’n donderstorm nader, dan word gesê: “Vandag twis Water, Vuur en Wind weer met mekaar.” Want die Wolke giet stortbuie uit, die Vuur skiet vurige donderstene, en die Wind drijf hulle voort totdat hulle uitbaklei het. Soms reën die Water die Vuur dood, of die Vuur verkook die Water, of die Wind waai die Water droog en blaas die Vuur dood. Maar mekaar uitroei, is net verniet!
Maar die mense maak ook maar net so: om een dag met mekaar vrindelik te wees en om weer die dag daarop met mekaar te kijf en te twis. Die diere maak ook net so.
En dit alles kom net deur die Water, Vuur en Wind wat in die mense en diere woon. Want as die Water, Vuur en Wind uit die mense en diere verhuis het, dan sterf die mense en diere en maak dan nie meer vrindskap of rusie nie. [69]
OPMERKINGS:—Die Reënbees is die groot reënmaker van die Boesmans net soos die groot Waterslang die watermaker van hulle fonteine is. Die Boesmanwoord vir “os” is Choro.
Die Reënbees is die man van ’Khwa, die Waters. Vroeër was hij ’n mens wat rondgejag het, te voet gestap het en saam gespeel en gedans het. Nou is hij ’n bees, wat hom in ’n Reënbul, of in ’n Reënkoei kan verander. As daar droogte is, en die mense wil reën hê, dan kom hulle hom haal, lei hom rond en wijs hom al die plekke waar hulle reën wil hê. Om hom in ’n goeie luim te krij, word om hom gedans, hande geklap en gesing. Hulle prijs hom en smeek baie mooi bij hom om tog mooi te laat reën, sodat die velde kan groen word, die Wild en Heuningbije weer kan terugkom, en dat daar baie veldvrugte, uintjies en veldkos kan kom.
Hij is mak as hul hom nie kwaad maak nie, en verander hom ook in ’n koei, sodat hul haar melk kan drink. Waar die Reënbees stap, trek daar ’n misdamp rondom hom; want die mistige weer is sij asem wat hij bij sij neusgate uitblaas. Op die middag—as hij nie wil laat reën nie—, dan rus hij, en dan blaas hij nie die misdamp uit nie. [70]
Eenkeer was daar droogte in die berge waar die Bobiane woon. Die voorman van die Bobiane gaan die Reënbees vra om tog bij hulle reën te kom maak. Die Reënbees verander hom toe in ’n koei, sodat die Bobiaan melk op die reis kan hê; want Bobiane is mos baie gek na melk.
Daardie Bobiaan was ook een van die ougeslag van Boesmans wat vanmelewe gelewe het. Hij lei die Reënkoei orals rond en wijs waar hij die reën wil hê, en net soos hij dors krij, melk hij die Reënkoei en drink die melk.
Toe hij klaar het om al die plekke waar dit droog is, te wijs, bring hij die Reënkoei weer terug. En toe begin dit orals pragtig te reën, sodat die waters stroom en spoel.
In plaas van hieroor erkentlik te wees en baie dankie aan die Reënkoei te sê, maak hij haar dood—net om die melkuier te krij, om dit met hom saam te neem.
Na hij die Reënkoei doodgemaak het, krij hij ’n brandende dors en ’n knaende honger. Hij sien grasgroen karkoere (wilde waatlemoene) lê; hij stap daarheen om te eet en om die water daarvan te drink. Dog toe hij daaraan vat, verdroog dit en word stof.
Die honger en dors kwel hom toe erger, en hij hardloop na ’n fontein toe, waar daar veldkos en water in oorvloed is. Net toe hij uit die fontein wou drink, verdroog die fontein. Hij pluk toe van die sopperige veldkos, dog alles verdor waaraan hij die hand lê.
Toe word die Bobiaan net benouwd, hij hol reguit na ’n groot kuil water. Sonder om te wag, spring hij pardoems, daarin. Maar weg is die water en hij val op droë grond. [71]
Arrie, nou gaan dit smoor: die honger vat hom straf op, en die dors kwel hom so dat hij wou beswijk. Nou hol hij reguit ander mense toe en roep net: “Water, water!”
Die mense gee hom ’n Volstruiseierdop vol water. Maar net toe hij wil drink, verdwijn die water. Hij smeek om meer. Hulle gee. Maar net soos hij sij lippe daaraan sit, weg is die water. Hij bid toe om kos; maar met die kos het dit glad nie anders gegaan nie.
Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij nie die Choro-koei (of Reënbees) geslag nie?”
Hij wou eers lieg; maar hij word vir die dood bang, so antwoord hij: “Ek het ’n koei geslag; maar ek weet nie of sij die Reënkoei is nie.”
Toe roep die mense uit: “Man, hol na die plek waar jij die Choro-koei geslag het en roep uit: “Choro, Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was.”
Sonder ’n oogknip te versuim, weg spring die Bobiaan na die plek toe en roep uit: “Choro, Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was!”
Die Reënkoei spring op en staan die Bobiaan ewe treurig aan te kijk—sij voel net bedroef en kroeserig.
Die Bobiaan vlie kort om—weer reguit na die mense toe. Die lug was warm, en hij wou vir die hitte in die koelte gaan sit; maar die koelte skuif weg na die anderkant van die boom. Hoe nader hij na die koelte stap, hoe verder die koelte wegskuif. Die mense bring water en kos; maar net soos tevore: as hij wil drink, verdwijn die water, en as hij wil eet, weg is die kos. [72]
Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij niks agtergehou nie?”
Hij antwoord: “Ja, ek het die melkuier vir mij gehou; ek het seer oë en gebruik die melk daarvoor.”
Toe roep die mense uit: “Hardloop terug en roep uit: “Choro, Choro, hier is die melkuier, toe word nou eenmaal reg, dat ek ook gesond kan word.” Hij gaan en doen dit.
Hierop word die Reënkoei weer soos sij tevore was en sij laat dadelik reën op die plek waar hulle op die oomblik staan. Daar kom toe ’n vloed water waarop banke Sprinkhane drijf. So het die Bobiaan toe water en kos genoeg. Dog die vloed rijs hoër en hoër, waardeur die Bobiaan verplig was in ’n boompie te vlug. Die drijwende Sprinkhane klouter ook in daardie boompie op, sodat hulle die Bobiaan nes ’n swerm Bije toepak. Die Bobiaan kon toe nie asem krij nie, en van die gewig van die Sprinkhane buig die takke, sodat die Bobiaan in doodsangs tot aan sij nek onder water sit. So nou en dan slaan daar ’n golf oor sij kop.
In hierdie benouwdheid het die Reënbees die Bobiaan tot die ander dag laat sit. En toe eers het die Reënbees die waters laat opdroë.
Toe die Sprinkhane droog en warm word, vlie hulle weg, en toe eers krij die Bobiaan kans om in vrede huistoe te gaan.
Maar net verniet, hij het nog nie sij streke laat staan om melkdiere en jong lammers te moveer nie. [73]
Die Waterbees se woonplek is langs die groot Waters, en hij is baie gek na die Wind. Baiekeer gaan die Wind hom roep en wijs dan die plekke aan waar reën nodig is. So gebeur dit baie kere as die Wind sterk gewaai het, dat dit op daar die plekke begin te reën.
Ook die Vuur roep die Reënbees en gaan dan bo in die wolke sit. Hij bring dan die wolke uit die see op en laat op die land reën. Die onweer is in sulke gevalle ’n tamaai groot Voël1, wat weerligstene uit die wolke op die grond gooi om te wijs waar die reën moet val. [77]
OPMERKINGS:—Hierdie Storie is slegs ’n kort verhaal van die groot Waterslang, wat so ’n vername rol in die Boesmanfabelleer speel. Ons sal later meer van hom hoor. (Sie ook “Die Brandwag” van 15 November 1912, bladsij 376).
Die groot Waterslang is die dogter van die Waters en Reënbees. Sij kan haar groot of klein maak—net soos sij verkies. As sij ’n reusagtige vorm aanneem en swem in ’n rivier, op of af, dan laat sij die waters in die rivierbed so hoog rijs dat die waters die walle oorstroom; draai sij haar dwars in die rivier, dan dam die rivier ver op.
Die groot Waterslang dra ’n pragtige, skitterende steen op haar kop. Op ’n groot afstand is die glans van daardie steen sigbaar, en dit flikker met uitskietende ligstrale wat die lig van die Maan vér oortref; want dit kan duidelik op die middag in die helderste sonskijn gesien word.
Die Waterslang heg ’n groot waarde aan daardie kosbare steen. Nooit sal sij haar in die water waag nie, of selfs water drink nie, sonder die steen eers op ’n veilige plek weg te steek. Dit neem haar ’n lang tijd om ’n veilige wegsteekplek te vind. Het sij so ’n plek gekrij, dan lig sij haar voorlijf hoog op om beter te kan rondkijk of [78]iemand haar nie sien nie. Gewaar sij niemand nie, dan eers skuif sij die steen van haar kop, verberg dit daar veilig en waag haar in die waters. Sij is egter nooit gerus nie, maar kijk gedurig in die rigting van die steen om te sien of sij daar niemand in die nabijheid van die steen gewaar nie.
Gewaar sij iemand in die nabijheid, dan kom sij windsnel uit die water en bestorm die persoon en maak hom òf dood òf vermink hom vir lewenslank.
Geluk dit iemand om die steen in besit te krij sonder dat die Waterslang die persoon kan uitvind, dan is so ’n mens vir sij hele lewe gelukkig; hij word met presente oorlaai, sodat hij naderhand met al die goed opgeskeep sit. Die Waterslang treur haar dan dood, na sij ’n ellendige lewe gelei het.
Maar vind die Waterslang die dief uit, dan word die dief bitter ongelukkig—sij vrouw en kinders sterf al die eerste dag, en al sij goed word van hom gesteel of raak somaar sonder oorsaak goedsmoeds weg. Die dief word sieklik, kwijn en kwijn en sterf naderhand ’n aaklige dood.
Daar was eendag ’n jong Boesman van die ougeslag. Hij het die ouvolk baie oor daardie Waterslang hoor gesels, hoe rijk die slang iemand kan maak, hoe sij haar mense ken en hoe mooi en goed sij hulle versorg, hoe sij die Waters vir haar mense in die droë fonteine laat kom; maar hoe sij aan die anderkant die volste fontein vir vreemdelinge laat opdroë, terwijl sij die sterkste strome tot niet kan maak.
Daardie jong Boesman krij ’n plan in sij kop om die Waterslang van haar steen te ontroof; maar hij verklik [81]sij plan daaromtrent aan niemand nie. Aldag gaan hij daar ver op ’n koppie vir hom wegsteek om te loer waar die Waterslang haar steen wegberg. Toe hij die plek al goed ken, waag hij dit om onder in ’n gat daar bij die plek te gaan wegkruip. Hij krap gras en bossies oor hom, sodat die Slang sij ruik nie kan krij nie, en verder lê hij so stil as hij maar kan.
Op die gewone tijd kom die Slang en verberg haar steen toe op die plek. Sij seil water-toe om in die groot rivier te gaan baai.
Toe die jong Boesman dit veilig ag, kruip hij na die steen toe en draai dit dig toe in baie soorte goed. Daarop kruip hij weer weg en toe hij uit die gesig was, hol hij so wat hij geleer het. Tot sij geluk, die Slang het hom nie gesien nie.
Toe die Slang genoeg in die water gespeel het, gaan sij weer na haar steen toe. Maar toe sij op die plek kom, was daardie steen weg. Die eerste wat sij doen, was om spoor te soek. Sij soek en soek, snuffel en snuffel, en eindelik vind sij tog die spoor en volg dit stap vir stap tot sij bij die hutte kom waar die jong Boesman woon.
Arrie, was die mense nie verskrik toe hulle die groot Waterslang bij hulle sien uitkom nie? Die vurige kijk van die Slang het die uitwerking dat geeneen kon vlug nie. Want ’n Slang kan mos ’n mens aantrek dat hij doodstil sit en nie kan wegkom nie.
Die groot Slang seil tussen hulle in. Sij deursnuffel die klere van algaar daar. Die jong Boesman het intussen sij lijf van bo tot onder vol boegoe gesmeer, sodat hij nou [82]glad ’n ander ruik het. Al die mense sit doodstil sonder te roer.
Toe die slang niks bij die mense ruik en krij nie, begin sij die plek deur te snuffel: sij soek onder die kooigoed, in die potte, onder die velle, tussen die skerms, ja, orals en orals; maar sij vind niks nie. So seil sij treurig weg.
Niemand van die mense daar het geweet dat die jong Boesman die steen gesteel het nie, want hij het die steen in sulke goed toegedraai dat die ligglans daarvan nie kan deurstraal nie, en het dit op so ’n veilige plek begrawe waar die Slang dit nooit sou krij nie.
Van daardie dag af was daardie jong Boesman baie gelukkig. Dit het die ander mense toe agterdog op daardie jong Boesman laat krij. Hulle het nie min bij hom aangehou om tog daardie steen te gaan wegbring nie.
Dog hij strij en ontken dat hij die steen het.
Algaar die mense, sonder dit te kan help, krij hom lief; hulle bring presente en oorlaai die jongman met soveel geskenke dat hij daarmee raad-op raak. Hij word bij die dag rijker en leef in oorvloed.
Maar sij gewete knaag hom; want die Slang begin te kwijn en te treur, waardeur sij bij die dag uitteer. En sonderling, die Slang het ook gek na daardie jong Boesman geword; want voorspoed lê mos in sij weg.
Wat die jongman nog meer besorgd gemaak het, is dat die fonteine in die buurte skaars van water begin te word. So gaan hij stilletjies een dag en bring die slangsteen weer na die plek waar hij dit gesteel het en steek dit op dieselfde plek weg waar die Slang dit verberg het. [83]
Toe die siek Slang daarop weer na hom toe kom, toe sê hij aan die Slang: “Kom saam met mij, ek sal gaan om jou te help soek; krij ek die steen, dan moet jij mij rijk maak.”
Toe hulle bij die plek kom, vra hij aan die Slang waar die Slang die steen verberg het. Die Slang wijs die plek, en daar vind hulle met die grootste vreugde weer die steen.
Die Slang het darem haar guns van die jong Boesman nie onttrek nie. Albei was voortaan gelukkig, en die Waters in die fonteine het weer teruggekom; want die Slang ken mos haar eie mense goed en sij versorg hul in alles na hulle behoefte. So het hierdie gebeurtenis goed en voorspoedig afgeloop—wat maar heel min gebeur. [87]
OPMERKINGS:—Hierdie Storie word op verskillende maniere vertel: onderstaande is soos deur die beste vertellers verhaal.
Danser is die Vuurman, of die Vuurmaker. Hij het eers as ’n mens rondgestap, uit sij kop het lig en warmte gestraal. Hij is die een wat vuur in klippe, in die hout en in die wolke geplaas het. Waar hij stap of gaan, daar is altijd lig en warmte; daarom het hij altijd ’n groot geselskap om hom heen gehad. Die jagters in sij nabijheid kon sien waar die Wild is, en diegene wat na veldkos soek, kon dit deur die lig van Danser se kop maklik vind.
Maar partijkeer is Danser lui om te loop en gaan ewe perdgerus sit. As die jagters hom soebat om tog verder te loop, sodat hulle die Wild kan sien, dan sit hij hulle uit te koggel en vra waarom hulle dan nie self loop en lig maak nie. Ook het hij ’n manier oor hom gehad om die geskiete Wild van die jagters af te neem.
Hieroor het die jagters kwaad geword; want die vrouwe is ontevrede as hulle mans sonder kos thuis kom, en wanneer hulle niks het om aan die hongerige kinders, wat oor kos huil, te gee nie; so raai die vrouwe hulle mans aan om Danser maar dood te maak en dan sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat die mense kan sien. [88]
Een jagter, wat die vrouwpraatjies goedvind, sê: “Goed, laat ons Danser met gifpijle doodskiet om sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat ons warmte en lig kan krij.”
’n Tweede jagter merk op: “Ja, dis alles goed en wel; maar wie van ons se oë is so taai om daardie sterk lig te verdra, en wie se hande is so taai om daardie warm kop af te snij? Kom praat, laat ek hoor!”
’n Derde vra: “En waar krij ons ’n stok wat nie van die hitte sal brand nie?”
Die vierde een merk op: “Mintig, julle is sleg om planne te maak! Ek sal julle sê wat ons moet doen: Ons wag net soos Danser deur die water stap—iets wat hij gereeld doen—, dan draf ons hom met die gifpijle bij; val hij in die water, dan is sij lig en warmte mos weg.”
Hierop antwoord ’n vijfde en sê: “Jij dink dat jij baie slim is, maar tog is jij baie dom. Sê mij, wat help dit ons as Danser se lig en warmte uitgeblus is? Dan sit ons tog weer in dieselfde ou donker en koue.”
Toe roep algaar gelijk uit: “Dis maar niks! Dis maar niks! Dan is hij tog eenkeer van ons af en weg om ons nie verder te pla en te terg nie.”
Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals, Kat en ander gee te kenne dat hulle met die moord niks te doen wil hê nie; want hulle kan goed genoeg in die donker sien. Hulle was ook mense van die ougeslag.
Maar die ander praters blij bij hulle plan: hulle hou Danser dop; en net toe hij deur die water stap, skiet algaar gelijk; die pijle tref hom, hij val vooroor in die water, en dood is die lig en weg is die warmte. [89]
[91]
Hulle hol nader, snij gouw Danser se kop onder die water af, en daarop sleep hul sij lijf uit en sit sij kop op die wal neer, om te kijk wat daarvan gaan word.
Maar Danser se kop en lijf wou nie doodgaan nie: die kop se oë kijk rond en draai van een kant na die ander, en die lijf staan op en loop sonder kop rond.
Die kop kan sien en praat, maar kan hom nie verroer nie; terwijl die lijf kan rondloop, maar nie kan sien, hoor, ruik of praat nie. Die kop roep na die lijf, maar die lijf hoor nie; die lijf weer soek na die kop, maar kan dit nie vind nie; so loop hij in plaas van nader na die kop toe, altijd verder en verder weg.
Die moordenaars van Danser stap toe weg.
Maar ’n meid stuur haar kinders om die kop van Danser in die lug op te gooi, sodat daar lig en warmte moet kom. Sij waarskuw haar kinders om tog mooi op te pas dat die lijf, wat daar rondloop, hulle nie in die hande krij nie, anders sal die lijf hulle vermoor.
Die kinders stap toe versigtig daarheen. Die kop begin toe al te droog en lig te gee, en dit was so warm toe die kinders daaraan vat dat hul dit meteens in die lug opgooi.
Toe die moeders dit sien, roep hul uit: “Wind, Wind, kom en vat die kop hoog op in die blouw lug dat ons kan lig en warmte krij!” Toe kom daar ’n sterk warrelwind en voer die kop op tot bokant die wolke en laat dit daar blij.
Die kop van Danser Vuurman word toe die Son. [92]
Toe juig al die mense dat daar nou lig en warmte oor die ganse Aarde is. Nou het hulle genoeg lig en het nie nodig om te verkluim nie. Hulle roep uit: “O, Son, blij daar en gee ons aldag lig en warmte! Daarvoor sal ons jou aldag dank en prijs. Groot is die Son, wat al die mense tegelijk kan sien. Nou is daar lig, wat mense sal belet om kwaad te doen. Wie nou kwaad doen, wie nou steel, wie nou moor, sal gesien word. En die Son sal hom met sij hitte verbrand, sodat die skelm nie meer onder ons sal woon nie.”
Die kop van Vuurman is nou tevrede om daar bo in die lug te blij; maar hij soek darem nog een streek deur na sij lijf. In die oggende begin hij te soek bij die berge aan die oostekant. Hij klim soekende hoër en hoër in die lug op, en as hij hoog genoeg geklim het, sak hij nog soekende weer af, af, af tot hij aan die berge aan die westekant kom en duik dan om daar in die diep waters van die See ook te soek.
Hij deursnuffel al die plekkies op land en onder water om te soek waar sij lijf is, maar hij vind dit nie, want die lijf het so uitgeteer en so verpot dat dit nou die fatsoen van ’n Krap aangeneem het. En nou stap die lijf, nog al die tijd sonder kop, op en af, langs die waters om die kop te soek.
As die Son weggaan, dan sorg hij dat die Aarde pik-, pikdonker is; want in daardie dae was daar nog geen Maan of Sterre om snags te skijn nie.
So het die mense in daardie dae nie kwaad gedoen nie. Want in die dag is dit lig, dan sien almaal goed; so [93]het die kwaaddoeners geen kans gekrij nie. In die nag is dit weer stikdonker, dan kan niemand sien om rond te loop en kwaad te doen nie—dus moes iemand net maar blij waar hij is. In die dag het die mense toe gejag en kos gaan soek; in die nag het hulle gaan slaap en gerus; en daar was toe geen rondloperij in die donker nie.
Selfs die wildgediertes moes snags thuis blij en ook hulle kos in die dag soek. Dit was toe ’n tijd van vrede en gerustheid oor die ganse Aarde. [97]
OPMERKINGS:—Ook hierdie Storie word op verskeie maniere vertel, dog ons bepaal ons bij die beste vertellers, wat min of meer alles in hierdie verhaal insluit. Hier word ons vertel dat die Haas die oorsaak is dat die Dood die wêreld ingekom het—voor daardie tijd het die gestorwene of vermoorde altijd weer opgestaan en geleef.
Die Hotnotsgod maak vir hom ’n paar netjiese skoene, waarmee hij dood in sij skik was. Dog een van die skoene—die regter—was hard en dit druk hom toe net seer aan die regtervoet; so sê hij aan sij dogter, die Hamerkop (voël) om die skoen in die water te gaan sit om sag te word.
Hieroor was die groot Waterslang net erg gesteurd, omdat die Hotnotsgod sij vuil skoen in die water durf laat plaas. Die Waterslang maak die water in die nag net baie koud, sodat die hele dam die volgende môre kliphard oorgeijs was. Die skoen sit toe binne in ’n stuk ijs.
Die Hotnotsgod stuur toe daardie oggend sij dogter, die Hamerkop, om die skoen te gaan haal. Sij bring dit met die groot stuk blink ijs daaraan. Hij vererg hom toe so daaroor dat hij die skoen weggooi—op in die lug. [98]
Die Hamerkop, wat die Windvoël goed ken, roep uit: “Windvoël, Windvoël, vat die skoen op, op, op in die lug, dat ons snags ook lig kan hê!”
Daar kom toe ’n warrelwind, wat die skoen daar bo in die lug bring, en los dit daar.
Die skoen met die stuk ijs word toe die Maan.
Die Maan met die blink stuk ijs daaraan begin toe in die nag te skijn. Die mense van die ougeslag sien toe vir die eerste keer die Maan. Hulle dek toe hulle gesigte met hulle hande toe en prijs en vereer die Maan. Van toe af het hulle snags lig en hoef nie meer in die donker rond te dwaal nie. Hulle kon toe snags gaan IJstervarke jag en die Wild bij die waters voorlê en sien om hulle te skiet.
Hierdie ding het die Son glad nie aangestaan nie; want hij wou net alleen in die lug geskijn het. Hij soek toe twis met die Maan. Die Son is warm; want hij is die kop van Danser, die Vuurman. Die Maan is koud; want hij is die versteende Waters. So probeer die Son om baie hitte uit te straal om die ijs van die Maan te laat smelt. Die ijs smelt, smelt, smelt tot net die sool van die skoen van die Hotnotsgod oorblij.
Toe huil al die mense dat die Maan nou dood is. Die groot Waterslang, wat vir die waters in die fonteine sorg, hoor die gehuil en laat ’n fontein in die Maan kom om gedurig in die skoen water te maak, sodat die water ijs kan word.
Die water in die skoen groei toe gedurig aan tot die hele skoen weer vol water was; die water word ijs, en die Maan skijn toe weer in volle krag. [99]
Die Son spuug toe weer sij warm pijle op die Maan af, sodat die Maan weer kleiner en kleiner word. Die gesmelte ijs word toe die nagdouw, of maanwater, en die stukkies ijs word toe kapok en die rijp wat snags val.
Toe die Boesmans weer die Nuwe Maan sien, bedek hul weer hulle oë met albei hande en roep uit: “O, Maan, ons het gedink jij was heeltemaal dood; maar nou sien ons dat jij weer lewendig na ons teruggekom het. Nou weet ons dat die Son jou nooit sal doodkrij nie. Jij sal doodgaan, maar sal altijd weer lewendig word. Maak ons net soos jij, sodat wanneer ons oud word, ons weer van vooraf jonk word en nie sterf nie.”
Die Maan antwoord: “Julle sal oud word en altijd weer jonk word. Daarom sal julle nooit sterwe nie. Julle sal, as julle oud is, net slaap en uit daardie slaap sal julle gouw weer jonk ontwaak. Weer sal julle jag, weer sal julle eet en drink, weer sal julle vrouwens en kinders bij julle wees; want hulle ook sal nie sterwe nie.”
So het die mense van daardie tijd nooit gesterwe nie.
Maar hoe het die Dood dan gekom?
Een aand toe die Maan ewe plesierig skijn, hoor hij ’n jongman ontroosbaar huil. Hij vra aan die jongman waarom hij so bitter en bedroefd huil.
Die jongman antwoord: “Mij moeder is dood, en ek sal haar nooit weer sien nie.”
Met diep meegevoel sê die Maan: “Wees maar getroos, mij seun. Jouw ma sal weer lewendig na jou terugkom. Sij slaap net vir ’n rukkie, maar is nie dood nie.” [100]
Die seun strij en antwoord: “Mij ma is regtig dood, die Wind is uit haar neusgate gegaan, en die Vuur is uit haar lijf, so haal sij nie meer asem nie en sij is stijf en koud.”
Die Maan troos hom weer en sê: “Kijk na mij: ieder maand sterf ek en word gouw weer lewendig, en so sal dit ook met al die mense gaan: hulle sal net ’n rukkie slaap en weer ontwaak.”
Maar die seun strij toe eers hard met die Maan; waaroor die Maan net kwaad word. Hij gee die seun met die vuis ’n hou op sij bolip dat die lip in twee splits, en so verander die jongman op die plek in ’n Haas, wat in die nag en in die maanskijn op die kweekplate gekromd rondspring.
Toe sê die Maan: “Om jou ontwil sal ek al die mense vervloek. Hulle sal voortaan sterwe en nooit weer in lewe terugkeer nie. Maar as hulle nie met mij strij nie, en nie maak, soos jij, om mij tot leuenaar te maak nie, dan sal ek mij weer eendag oor al die mense ontferm om hul eendag uit hulle grafte op te wek.”
So is die Dood deur strij van ’n Haas in die wêreld gekom. [103]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van waar die Sterre kom, en hoe Kwaad op Aarde vermeerder het.
Die Maan het voortgekom uit die regtervoetskoen van die Hotnotsgod, ’Kaggen. Die Hotnotsgod maak toe weer ’n ander skoen in plaas daarvan. Dog, die Maan het daar niks van gehou dat ’Kaggen sij maters, die skoene, so moet trap as daarmee geloop word nie. So laat die Maan van die maanwater val, dat die skoene gedurig moet nat wees, sodat ’Kaggen hulle nie kan aantrek nie.
Die Hotnotsgod roep toe sij ander dogter, wat later die Uil geword het, en hij sê aan haar om die nat skoene langs die Vuur te gaan plaas om droog te word.
Hieroor was die Son weer nie in sij skik nie, dat ’Kaggen sij vuil skoene naas die Vuur durf plaas. So laat hij die Vuur kwaai vlam, sodat die skoene kan verbrand. Toe die Hotnotsgod stuur om sij skoene te haal, was hulle verbrand, waaroor hij nie min met die Uil raas nie.
Die Uil self was net daaroor vererg en sij vat die kole en gooi dié in die lug en roep uit: “Toe, kole, word Sterre, dat ons snags lig het as die Maan en Son slaap!” En tot die gloeiende as sê sij: “Toe, as, word die Melkweg om die Sterre te help lig gee. Kom gee lig, dat die mense in die nag kan sien en nie nodig het om thuis te sit nie.” [104]
Toe kom daar weer ’n groot warrelwind en voer die kole en as tot ver bokant die wolke: die glinsterende kole word toe die flikkerende Sterre, en die gloeiende as word die Melkweg, wat soos ’n verligte boog oor die Aarde staan. Toe kom daar genoeg lig om snags rond te stap.
Toe die Son die volgende dag agter die berge oprijs, sien hij die Uil sit en hij vra aan haar: “Wie het die lug vol kole en as gegooi?”
Die Uil antwoord: “Ek; want dis snags so donker dat niemand kan sien om te loop nie.”
Hierop sê die Son: “Weet jij dat jij ’n groot kwaad aangerig het? Nou sal die mense in die nag rondstap om kwaad te doen. Ek het die nagte so donker gemaak dat die mense nie hulle hande voor hulle oë kon sien nie, en toe moes hulle thuis blij en slaap—die dag is mos lank genoeg om te jag en rond te loop, om te gesels en om pret te maak; maar nou sal jij sien dat jij die deur geopen het om kwaad te doen. Ek sal hard probeer om die Maan uit die lug te krij, sodat daar geen maanskijn sal kom nie. In die dag sal ek die Sterre voor mij wegvee. Maar hoe omtrent jou, mij suster? Voortaan sal jij in die nag met sterrelig moet rondvlie; want sien ek jou in die dag, dan sal ek jou ook verbrand tot as, nes ek met die skoene gemaak het. Al wie vir jou sien, sal jou oor daardie dwaas daad bespot. Toe, gaan weg uit mij gesig en loop boer in die nag! En jij sal sien dat die Sterre jou bedroef min lig sal gee—net genoeg vir boosdoeners om kwaad te doen. Die Sterre is te gering om vir julle warmte te gee; daarom sal julle snags van koue sit rittel en bewe.” [105]
Die Uil vlie toe weg om haar te gaan wegsteek; want waar sij in die dag rondvlie, word sij bespot.
En nou sit sij te peins oor wat sij gedoen het—of dit reg of verkeerd is. Waar sij sit, roep sij uit: “Hò, Hòa,” wat in die Boesmantaal beteken “oplig, opgelig.” Daarmee vra sij haar af of sij kwaad gedoen het deur die kole en as in die lug opgegooi of opgelig te hê.
Die Son het die Uil in die dag blind gemaak; so het sij van daardie dag af nooit weer haar broer, die Son, gesien nie. Sij verlustig haar nou in die Sterre en Melkweg, of Hemelstraat, wat sij self gemaak het.
Dit het toe so gekom, nes die Son voorspel het; van toe af loop Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en IJstervark weer snags rond om te moor en te rowe. Van toe af het die kwaaddoeners vermenigvuldig; want hulle het nou snags genoeg lig om te sien, terwijl ander hulle nie van veraf kan beken nie. [109]
OPMERKINGS:—Hierdie Storie lewer ons iets oor die bijgeloof van Boesmans en vertel hoe die Hamerkopvoël alles in beelde op die water kan sien. Dit gee ons ook die herkoms van Blomme en Paddas wat in die water groei en woon.
Die Hamerkop is nie somaar vandag se Voël nie. Sij was eers ’n mens van die ougeslag en is ’n dogter van die Hotnotsgod, wat haar later in ’n Voël verander het.
Sij is baie goed bevrind met die Waters, wat aan haar die portrette toon van alles wat gebeur en nog sal gebeur. Al wat die Hamerkop te doen het, is net om in die Waters te kijk en dan sien sij alles daarin. In die dag spieël die Son, Lug, Bome, Diere en alles wat daar nabij is, hulle daarin af. Kleur vir kleur is daarin sigbaar. In die nag kan ons die Maan, Sterre, Melkweg en al die ander goeters daarin sien. Selfs as iemand in die donker anderkant die water loop, dan kan ons hom amper so duidelik sien asof dit in die dag is.
Maar die Hamerkop sien nog meer in die water as wat die mense kan sien: Sij sien dinge wat daar ver gebeur, en sij verstaan die betekenis van dit alles. Ons mense sien dit wel, maar verstaan daar niks van nie. Daarom moet ons ag slaan op die Hamerkop en luister na wat sij ons kom vertel. [110]
Word daar ver ’n kind gebore, of trouw daar mense, of lê daar iemand siek, of sterf hij, dan het niemand nodig om dit aan die Hamerkop te kom vertel nie—sij het dit lankal in die Waters gesien.
Wat sij gesien het, kom sij aan die famielie en vrinde van die persone in haar eie taal en op haar eie manier vertel. Daarom slaan diegene wat slim en verstandig is, ag op die Hamerkop, daar sij nie een is wat lieg nie. ’n Mens kan op haar woord gaan. In die aand, as dit skemer is, kom sij na die huise van die mense waar sij die tijding wil bring. Sij vlie oor die huise, skree treurig en vertel dan wat sij te vertel het.
Sij kan ook dinge vooruit sien en kom dan die betrokke persone waarskuw om tog nie fout te maak nie. Die Waters is bij haar iets heiligs. Mors die jongmeide daarin, of laat houtas in die fontein val, of laat hul ’n pot Water in die Vuur omslaan, dan gaan sij dit aan die groot Waterslang en aan Danser Vuurman vertel. Hierdie twee laat dan wolke opkom en gooi daaruit vurige swaar-weer-stene, om die jongmeide mee te dood. Lê die jongmeide dood, dan spoel die strome hul na ’n gat Water toe, waar die jongmeide dan Blomme word wat in die Waters groei om daar tot sieraad van die Waters te wees.
Daarom is dit dat die moeders vandag nog hulle kinders waarskuw om tog nie die Waters se Blomme af te pluk nie. Is die kinders stout en stap in die Water, dan duik die Blomme gouw onder die Waters. Dan kom die groot Waterslang en trek die ongehoorsame kinders onder die Waters, en daardie stout kinders word dan Paddas, om vir die groot Waterslang saands te sing en te dans. [111]
Die Waterblomme was dus eers jongmeisies, en die Paddas was vroeër die onwettige kinders, wat ongehoorsaam was.
Partijkeer, as daar ’n stuk of wat Hamerkoppe bijmekaar is, en hul sien iets goeds in die Water, dan is hulle vrolik. Hulle word dan net baie blij en begin somaar van vreugde om mekaar te dans. As hul nie kom vertel wat hul daar gesien het nie, dan moet ons weet dat dit goeie tijding vir hulleself is. Maar vlie hulle op en kom na die persoon wat vir hulle staan kijk het, dan bring hulle die tijding dat daar baie Wild aan kom is, en sê dat die mense hulle pijle moet reghou. Hieroor word algaar blij, klap hande en prijs die Hamerkoppe vir daardie goeie tijding.
Eendag stuur die mense hulle kinders na die Water toe om drinkwater te gaan haal. In plaas van gouw te kom, blij die kinders daar speel. Hulle vat klippe en stokke en gooi en slaan die Paddas daarmee dood. Hieroor word die Wind kwaad, omdat daardie stout kinders uit onwettigheid die Paddas, die kinders van die Waters, doodgegooi het. Hij vat daardie kwaaddoeners van kinders in ’n warrelwind op, voer hul hoog in die lug, totdat hul binne die wolke kom, en toe verander hij die kinders in Paddas en dit reën toe Paddas uit die lug, soos ons soms vandag nog sien.
Die ouers kom toe na die kinders soek, en was net ontevrede dat hulle kinders nou in Paddas verander is. Hieroor word die Warrelwind ook kwaad, verander die ouers ook in Paddas, en laat hul ook saam met die reën uit die lug val. Op hierdie manier word ongehoorsaamheid gestraf. [112]
Nou moet die Hamerkop oppas dat die Paddas nie uit die Waters gaan nie. Krij sij een buitekant, dan maak sij hom dood en eet hom op. Die werk van die Paddas is dus om saands te sing en te dans. Die babetjies word in swart karossies toegedraai, sodat geen armpie of beentjie uitkom nie—net as hulle groter word dan steek hulle eers die armpies en beentjies uit, en daarop gooi hul die swart karossies weg en is dan die jong Paddatjies.
As die winter kom, word die Waters koud, dan vlug die Paddas in droë gate in die Grond. Maar die Grond is die Dogter wat aan slaap geraak het. So slaap, slaap die Paddas ook die hele winter deur. Maar as die donderweer hul met die begin van die somer wek, dan eers skrik hul wakker en begin weer te sing; want die Waters roep hul om te kom dans. [115]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie vind ons nog meer verhaaltjies van Boesmanbijgeloof en ook van Opstanding.
Die Uil is ook ’n Voël van baie groot betekenis. Net soos die Hamerkopvoël kan hij baie dingetjies sien wat gebeur en nog sal gebeur. Die onderskeid is net dit: Die Hamerkop sien dinge in die dag in die Waters, en die Uil sien in die nag aan die Maan en Sterre wat aan die gang is. Die Uil is mos die Voël wat die Sterre en Hemelstraat gemaak het, deur kole en as in die lug te gooi. Nou vertel daardie Sterre en Melkweg haar van alles wat sal plaasvind. Ieder mens het sij eie Ster. As daar ’n Ster besonder blink, of verskiet, of ’n stert krij, dan weet die Uil al dadelik wie se Ster dit is, en waar hij die tijding of boodskap moet gaan bring.
Die Uil laat haar ook gemaklik betower deur een of ander toornaar, dan gaan sij bij die huis van die ongewenste persoon nare geluide maak. Kom so een uit om haar weg te ja, dan val hij op die plek morsdood.
Ons mense kijk ook na die Sterre. En wat verstaan ons daarvan? Maar die Uil verstaan alles. Sij let op of die Ster ogies knip, rooi, wit of blouw word, of die Ster ’n stert, of roei, gaan krij, en dan na watter kant die Ster verskiet, en na watter kant die stert van die Ster wijs. [116]
Die Sterre gesels ook met haar deur boodskappe met die Vuurvliegies te stuur. Op dit alles slaan die Uil ag. Daarom gee diegene wat slim en vernuftig is, goed gehoor aan die Uil; want sij lieg nie: sij vertel altijd die waarheid.
Gooi iemand haar met klippe, bespot en lag hij haar uit, dan kom sij nie gouw weer nie. Maar bewaar die een as sij dan weer terugkom!—dan bring sij slegte tijding. Daarom pas op om ’n Uil nie kwaad te doen nie. Sij vergewe nie en kom later om jou te straf vir wat jij aan haar gedoen het.
Die Uil en die Slange is ook goed bevrind. Soms as sij ’n boodskap het van iemand wat reeds dood is, dan gee sij die boodskap aan ’n Slang. Daardie Slang seil dan na die graf van daardie persoon wat die boodskap gestuur het. Hij wag dan daar bij die graf. As iemand die Slang daar sien, dan moet hij weet dat die afgesterwe persoon laat weet dat hij gelukkig is, dat hij wens dat sij agtergeblewe mense ook gelukkig moet wees, en daarom verlang hij dat die mense ’n groot maaltijd en vrolikheid om sij ontwil moet maak.1
Die mense bring dan baie kos, eet en maak vrolikheid.
Die Maan vertel ook baie dinge aan die Uil; want die Maan kan ver oor die wêreld sien. Die Uil verstaan die Maan net goed: sij kijk net na watter kant die horings van die Maan wijs; sij let op na watter kant die hol bak van die Maan gedraai is. Die Geeste gaan in die hol bak [117]deur die lug rij; maar namate die holte opvul, gee die Geeste pad, en as dit Volle Maan is, dan is daar geen plek vir hulle nie—dis nou uitklimtijd se dinge daardie.
Nou, die Uil is nie so agterhoudend as sij lijk nie. Sij kom dit aan ons vertel; maar ons moet mooi luister.
Daar was eendag ’n oujong en oumeid wat nie na die Uil wou geluister het nie. Hulle het die Uil met klippe gegooi en haar uitgeskel en tot leuenaar gemaak, terwijl hulle self leuenaars en bedrieërs was. Die Uil was so vrindelik om aan daardie twee oues te kom vertel dat hul dadelik moes vlug; want daar is ’n Leeuw wat na hulle verneem om hulle op te vreet.
Die twee oumense roep uit: “Dit jok jij! En dan, ons is glad nie vir Leeuws bang nie! Ons ken hier nabij net een Leeuw, en van ouderdom het hij geen tand meer in sij bek nie.” Onder die praat laat die Uil sij mes val; hulle hol toe, tel dit op en wou dit nie weer teruggee nie. Daarop steek hul die Uil onder die klippers en skel hom met lelike woorde uit.
Daarop vlie die Uil bedroef weg.
In die nag begin dit kliphard te reën. Die onweer was straf. Onderwijl hoor hul ’n Leeuw in die verte brul en aan die gebrul kon hul hoor dat die Leeuw nader kom. Toe word hul bang en vlug. Maar toe hul ’n laagte wou deurvlug, was dit kant en wal vol. Hul vlug toe langs die bruisende stroom op en daar vèr sien hul die vuur van ander mense brand. Hulle hardloop daarheen en vertel toe aan die mense dat hulle (die vlugtelinge) koud is, en vra velle om onder in te kruip. Die mense gee aan die twee vlugtelinge baie velle om hulle in toe te rol. [118]
Dog die Leeuw het die spore van die twee gevolg, en toe hij bij die hutte kom, vra hij waar daardie twee vlugtelinge is; want hij wil hulle hê om hul stukkend te skeur. Dog die mense het jammer vir die twee gehad, so bring hul ’n halwe Hartbees na die Leeuw. Hij wou daaraan egter nie eet nie, maar dwing net oor die twee vlugtelinge.
Toe kom die Uil ook daar en vertel wie dat daardie twee oues is, dat hulle diewe en leuenaars is. Toe bring die mense die twee uit en oorhandig hul aan die Leeuw, wat hul op die plek aan flenters skeur, sonder die bloed eens te lek of ’n stukkie van hulle vleis te eet.
In die nag het die maanwater op die stukkies vleis geval, daar het lewe ingekom, en ieder stukkie het ’n Muis geword.
So het die Muise uit leuenaars, diewe en bedrieërs voortgespruit en daarom kan hul tot vandag toe nie hulle streke laat nie. [121]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe die Reënboog ontstaan het en dat die Reënboog ’n goeie verlokker is.
Die Reënboog is die Dogter van die Opgewing, of Lugspiegeling. Sij was ook eers ’n mens van die ougeslag; maar het later die vorm van die Reënboog aangeneem, en dit het so gekom:—
Die Opgewing haar dogter het bij haar daar op die Vlaktes gewoon. Net soos haar ma, die Opgewing, het die dogter daar groot plesier in gehad om die gek met iemand te skeer; daarom het sij so baie van mooi klere aantrek gehou. Sij was ook, net soos haar ma, sonder spraak—jij sien haar wel, maar hoor haar nooit nie. En tog het sij baie liefhebbers gehad, waaronder die Windvoël en die Reënbees was.
Die Windvoël, wat die winde laat waai, het baie na daardie dogter toe kom kuier. Dan vertoon hij hom as Voël in sij beste veredrag en voer met hom saam die geure van al die lekkerruikende blomme en kruie. Sij het egter nie groot sin in die Windvoël gehad nie, maar het meer van die Reënbees gehou. Maar die Wind is sterker as die Reën—so moes sij maar haar beurt afwag.
Een dag kom die Windvoël skoon en netjies aangevlie. Die dogter kon hom reeds op ’n afstand hoor aankom; want [122]hij klapwiek so liefies en vrindelik met sij vlerke, wat gebalsem was met die heerlikste geure. Sij kom uit haar hut en gaan voor haar deur sit en wag. Die Windvoël kom en gaan ook ewe vrindelik voor haar sit. Sij stap op en begroet hom deur haar hand oor hom te strijk en hom met die poeier van lekkerruikende blaartjies te bestrooi. Sij hou haar ewe lief en soet.
Na hom nog ’n rukkie gestreel te hê, gaan sij ewe liefkosend op sij rug sit, hij brei sij vlerke uit en daar stijg hij in die lug op en vlie met haar daar na die berge toe, waar sij huis in ’n klipgrot is.
Maar daar in daardie kliphuis was ’n koue lug, wat haar glad nie beval het nie; maar sij laat niks merk nie—bowendien, die plek was nouw en ongerieflik; maar sij hou haar ewe tevrede. Sij vra toe deur tekens waar die kos en water is. Dog daar was geen kos en water nie; so sê die Windvoël vir haar om maar daar ’n bietjie te wag, hij sal alles gouw gaan haal; want hij weet waar die beste te krij is.
Hij vlie toe oor die berge, en sij blij daar in die klipgrot wag. Hij vlie ver en blij ’n goeie ruk weg.
Toe die Windvoël terugkom, was die dogter skoonweg; want sij het intussen gevlug en het vir haar daar op die Vlaktes bij haar ma, die Opgewing, onder die grond gaan wegsteek, waar die Windvoël haar nooit sou uitsnuffel nie.
Die Windvoël voel toe dat hij deur die meisie bedroë was en was daaroor nie min gesteurd nie. Maar haar moeder, die Opgewing, het goed verstaan om die Windvoël [125]in ’n goeie luim te hou, sodat hij nie moet kwaad word en alles verwoes nie.
Die Waterslang, wat ook onder die grond rondseil, het gouw uitgevind waar die dogter haar nou ophou; sij gaan dit toe aan haar vader, die Reënbees, vertel. Die Reënbees woon in ’n seekoegat: as hij daarin is, dan is die gat vol water; maar gaan hij uit om te wei, dan word die gat droog en ’n misdamp, wat die asem van die Reënbees is, omring hom, sodat niemand hom in daardie mistige weer kan sien nie. Hij stap toe reguit na die meisie toe. Alles was stil; want die Windvoël het ver oor die berge gevlie en sou vir dae wegblij.
Sij ruik die heerlike ruik van die reën wat die Reënbees maak, en kom onder uit haar onderaardse woning. Die Reënbees kom voor haar kniel en gaan ewe lief lê en was net vrindelik.
Die meisie staan toe op en klop liefkosend met haar hand teen die Reënbees se nek en strooi oor hom ook fijngemaakte kruiebossies en lekker-ruikblare. Na sij ’n rukkie met hom gespeel het, gaan sij ewe plesierig op sij rug sit. Hij staan op en stap met haar—hoog in sij skik—weg na sij huis, die seekoegat, toe.
Op weg daarheen sien sij ’n klomp groot bome staan; sij sê toe dat sij moeg voel en wil eers daar onder die bome gaan rus. Die Reënbees stap daarnatoe en gaan teen ’n stam van ’n groot boom in die skaduwee lê. Die meisie blij op sij rug sit, dog strooi weer kruie op die kop van die Reënbees; hij krij daarvan vaak en val vas in die slaap. [126]
Toe sij dit gewaar, dros sij stilletjies weg—reguit na haar moeder op die Vlaktes toe. Toe die Reënbees wakker word, verbeel hij hom een streek deur dat die meisie nog op sij rug sit, en hij stap toe na die seekoegat toe. Maar toe hij in die water wil induik, toe eers gewaar hij dat die meisie weg is. Hij word toe kwaad.
Maar die moeder van die dogter het reënbossies gebrand—bossies wat gebrand word om die Reënbees tevrede te stel. So het hij afgekoel van sij kwaai bui en het nie deur verspoelings skade onder die mense aangerig nie.
Die Opgewing het toe haar dogter in ’n Reënboog verander, sodat die Wind en Reën haar kan sien en bewonder, maar aan haar geen kwaad kan doen nie. Sij het haar pragtige gekleurde klere behou en pronk nog daarmee. [129]
OPMERKINGS:—In die Boesmanstories speel die Bobiane nogal ’n groot rol. Hulle word gewoonlik voorgestel as skrander en sterk. Hier is weer sprake van ’n Opstanding en wel uit die Waters
Die Bobiane is mense van die ougeslag en is van ’n ander famielie as ’Kaggen, die Hotnotsgod. Daarom het hulle nooit ontsien om die ouman en sij famielie te pla nie. Baiemaal as die kinders van die Hotnotsgod gaan water haal, dan moveer die Bobiane hulle en ja hul van die water af weg. Gaan die kinders veldvrugte pluk, of veldkos haal, dan vat die Bobiane dit af en maak die kinders bowenop seer. Die kinders kom dan bij hulle pa of oupa, die Hotnotsgod, daaroor kla.
So stuur ’Kaggen eendag sij seun om stokke te gaan haal. Hij wil daarvan kieries en ’n boog maak om die Bobiane mee te gooi en te skiet.
Daar in die veld ontmoet die Bobiane daardie seun en vra aan hom wat hij daar maak. Hij antwoord: “Ek kom stokke vir mij vader haal: van hierdie gaan hij kieries maak en van daardie een ’n boog om die mense te skiet wat op hulle hakskene sit.”
Die Bobiaan roep toe sij maat wat daar naasaan wei, en sê: “Maat, kom luister hier watter praatjies gesels die seun hierso!” [130]
Die maat stap nader en sing:
“Ek kom nou,
En luister
Na die kind bij jou.”
En hij vra: “Wat sê daardie seun?”
Die eerste Bobiaan antwoord: “Hij sê hij kom stokke vir sij pa haal: daardie stokke is vir kieries, en die ander een vir ’n boog om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet.”
“A so!” roep die tweede Bobiaan uit en hij roep sij maat wat naas hom gewei het, en sê: “Kom luister na die stories van hierdie seun!”
Die derde Bobiaan kom nader en sing ook:
“Ek kom nou,
En luister
Na die kind bij jou.”
Hij vra toe wat die seun gesels, en toe die praatjies van die seun oorvertel word, roep daardie Bobiaan ook sij maat wat naas hom wei. En so het iedereen sij maat geroep, totdat algaar kom luister het.
Die allerlaaste roep hul die ou voorman. Hij kom en sing ook dieselfde liedjie. Toe hul hom vertel dat die seun kom stokke vir die Hotnotsgod haal om kieries en ’n boog van te maak om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet, toe roep die ou uit: “Wie anders word bedoel as ons! Grijp die seun, vat die stokke af en slaan hom!”
Die klomp Bobiane bestorm die arme seun en slaan hom met die stokke en met hulle vuiste dat sij kopbeen [133]breek en sij oog uit die kop rol. Die seun was toe dood.
Toe grijp een die oog van die seun en roep uit: “Hier het ek ’n mooi iets om bal-bal mee te speel. Die Bobiane staan toe reg. Die een wat die oog vang, roep uit:
“Dis mij bal dié!”
Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:
“Dis jouw bal dié!”
En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:
“Dis mij bal dié!”.
“Dis jouw bal dié.”
Hulle speel toe net geesdriftig en val oor mekaar dat die stofdamp opslaan.
Die Hamerkopvoël, wat alles gesien het wat daar gebeur, vlie oor na die Hotnotsgod om te vertel wat die Bobiane aan sij seun gedoen het. Die ouman spring haastig op, vat sij boog, pijlkoker en knapsak mee en hij hardloop na die plek toe waar sij seun dood lê. Van ver af sien hij reeds die stof soos die Bobiane bal-bal speel. Die trane kom in sij oë en hij begin bedroef oor sij seun te huil. Maar voor hij bij die Bobiane kom, droë hij die trane van sij oë af, sodat hulle nie moet sien dat hij gehuil het nie.
Toe hij daar kom, sit hij sij boog, pijlkoker en knapsak neer, en hij vra om saam te speel. In plaas van dadelik te antwoord, staan die Bobiane die ouman met verwondering aan te kijk; want dis nie aldag dat hul hom te sien krij nie. Die ouman, ’Kaggen, gaan tussen hulle staan en begin mee te speel. Hulle wou die oog van sij seun nie na hom toe gooi nie, dog hij spring vooruit en vang die oog toe hul dit na ’n ander Bobiaan gooi. [134]
Meteens voel die oog dat dit sij vader se vat was, en toe die vader dit gooi, rol die oog tussen die Bobiane rond. Hulle val oor mekaar om dit in hande te krij; maar vang ieder skoot mis. Die vader vat weer die oog en gooi dit na ’n Bobiaan; die oog gaan in die lug op en verdwijn. Toe roep die Bobiane uit:
“Waar is mij bal?
Toe, gee dit hier!
Ek wil dit hê;
Maak gouw, maak gouw!”
Die oog het in die knapsak van ’Kaggen onopgemerk ingekruip. Die Bobiane soek orals rond, maar vind dit nie. Een roep uit: “Kom ons deursoek die pijlkoker en knapsak!”
’Kaggen roep uit: “Pas op, as jul aan mij goeters kom!” Maar onopgemerk pak hij die oog in sij knapsak met sij een hand, verberg dit in die palm van sij hand. Hij skud die knapsak uit, keer dit om en sê: “Kijk hier is niks.” Daarop sit hij die knapsak weer neer en verberg die oog daarin. Toe ondersoek hul die pijlkoker en vind ook niks.
Toe roep die Bobiane algaar tesame uit en sê:
“Waar is mij bal?
Toe, gee dit hier!
Ek wil dit hê;
Maak gouw, maak gouw!”
En hulle begin die Hotnotsgod met die vuiste te slaan. ’Kaggen slaan terug, en die geveg word heftig. Die Bobiane was baie in getal en so raak hul hom baas. ’Kaggen hol na [135]sij goed, pak dit en hol vinnig weg. Die Bobiane blij agter en soek een streek deur.
Daar voor bij die water gaan ’Kaggen sit en was hom met water. Hij haal die oog uit sij knapsak en plaas dit in die water, met die woorde: “Toe, liggaam van mij seun, kom hiernatoe; kom lê hier in die water dat jouw oog weer op sij plek kan aangroei, en word weer net soos jij tevore was.”
Toe kom die liggaam van die seun deur die lug en val bij die oog in die water. Daarop stap ’Kaggen huistoe; want hij voel siek van die slaan en veg.
Toe hij bij sij huis kom, vra een: “Oupa, waarom is jij so vol bloed en wonde?”
’Kaggen vertel toe dat die Bobiane sij seun dood gemaak het en met die oog bal-bal gespeel het. Hij vertel dat hij gaan saam speel het—net om die oog in hande te krij, en toe raak hul aan baklei. Hierop bestraf die kleinkind sij oupa en sê: “Oupa is so oud en waarom loop oupa alleen in die veld rond?”
Toe ’Kaggen weer alleen was, stap hij van huis reguit na die gat water toe. Toe hij daar aankom sien hij sij seun buitekant in die son sit. Die ouman was blij en stap stadig nader; maar die seun hoor hom en spring pardoems! nes ’n Padda in die water.
Die ouman draai toe om, gaan huistoe en vat ’n voorvel en ’n karos vir die seun. Daarop stap hij terug.
Hij stap weer stadig, en net toe die seun die water wou inspring, pak die Hotnotsgod hom aan die arm en roep: “Moenie bang wees nie; ek is jouw vader, ’Kaggen, [136]en jij is mij kind. Dè, hier is klere, wat ek vir jou gebring het, trek dit aan en kom saam met mij huistoe.”
Op hierdie woorde herken die seun sij vader, en na hij sij voorvel en karos omgesit het, stap hij saam huistoe.
Bij die huis vra die kleinkind weer: “Oupa het dan kom vertel dat oompie dood, en sij oog uit is, en hier is oompie dan gesond terug bij ons?”
Die oupa antwoord: “Die waters het hom weer uit die Dode laat opstaan. Hij is nog swak, en ons algaar moet hom nou mooi oppas tot hij weer sterk en fris word.”
Die seun het bij die dag sterker geword en is nou gesond. [139]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van ’n veronderstelde Gees in die gedaante van ’n vrouw, wat die krag besit om iemand met haar onsigbare wil die waters in te trek.
Daar was ’n jongmeid wat altijd water bij ’n fontein gaan haal het. Daar nabij die fontein was ’n groot gat water, en in daardie gat water het pragtige Blomme gegroei. Haar ma het haar dogter altijd gewaarskuw om tog nie daardie mooi Blomme te gaan pluk nie; want hulle is jongmeide wat na die water weggevoer was om daar Blomme te word.
Maar daardie Blomme was vir daardie jongmeid tog te aantreklik, en die versoeking om hulle te pluk was tog te groot, sodat sij die drang om hulle te pluk nie kon weerstaan nie. Sij wou dit maar net eenmaal waag. Sij stap daardie gat water in, maar toe verdwijn die Blomme onder die water, en die groot Waterslang trek meteens die jongmeid ook in die water. Die jongmeid word toe nie in ’n Blom of Padda verander nie; maar sij blij mens, wat die krag krij om ander mense met haar onsigbare wil die waters in te trek—buitekant die water het sij daardie mag nie besit nie. Sij was dus mens, maar kon net soos ’n Padda in die water en daar buitekant lewe. So stap sij van een gat water na die ander rond. [140]
Die jongmeid het toe die Meid van die Waters geword.
In die water besit sij die mag om mense op onsigbare wijse in te trek; daar buitekant betower sij weer die mense met haar skoonheid, sodat hulle haar onwillekeurig volg.
Toe haar ma en die ander mense merk dat die jongmeid nie terugkom nie, gaan hul na haar soek. Hulle krij haar bij die fontein nie; toe stap hulle na die groot seekoegat, en daar sien hul haar karos en haar armringe lê. Die moeder begin te huil, dinkende dat haar dogter verdrink het.
Maar hulle voel nou dat daardie seekoegat ’n groot aantrekkingskrag gekrij het; so word hul bang om na aan die kant te staan. Algaar huil en gaan tekeer; want almaal het daardie jongmeid so lief gehad.
Meteens hoor hulle ’n vrouwspersoon daar bij die onderste seekoegat sing; hulle kijk op en daar sien hul haar staan. Maar nou is sij mooier en sij het pragtiger ringe om haar arms en bene—ook haar voorskoot skitter, o, so mooi.
Hulle hol daarheen en roep haar op haar naam. Sij blij daar staan, groet hul met wenke van haar hande, sij lag met hulle, en toe hul nabij was, spring sij in die gat dat die water so spat.
Toe slaan haar moeder hande saam en roep uit: “Mij kind het van daardie Blomme van die Waterslang gaan pluk en nou moet sij ook bij die Waterslang gaan woon. O, mij dogter het nou ’n Toorgees geword!” En sij huil bitter en almaal met haar, en hulle stap bedroef huistoe.
Die broer van die jongmeid sê toe aan sij ouers dat hij sij suster van die groot Waterslang sal gaan verlos. [141]Hulle vra aan hom hoe hij dit sou doen; want wie kan daardie groot Waterslang baas raak?
Hij antwoord dat hij die blink steen op die kop van die Slang sou gaan steel; want sonder daardie steen is die Slang mos magteloos en kan niks doen nie.
Hulle raai hom dit ten sterkste af; want as daardie groot Waterslang magteloos is, dan sal al die fonteine vanself opdroog.
Maar die broer van die jongmeid wou hom nie van sij plan laat afbring nie, en werp teë dat hij dan die Reënbees sal krij om baie te laat reën, en dan sal hulle altijd volop water hê.
Die ouers wijs hulle seun daarop dat die Reënbees die vader van die groot Waterslang is, en dat hij vir ’n lang tijd nie sal laat reën nie—net om hulle van dors te laat omkom. Maar vir hierdie waarskuwing het die broer van die Meid geen ore gehad nie.
Hij stap weg om die groot Waterslang te gaan beloer om te sien waar sij die steen gaan wegsteek eer sij in die water gaan. Hij krij haar net toe sij rondseil. Maar die Slang kom sij planne agter en sij bestorm hom eer hij die steen in hande gehad het. Sij verander hom toe in ’n ou Skurwepadda, wat gewoonlik ver van die water boer. Sij boog verander sij in ’n ou bros stok, sij pijlkoker val aan stukkies, en die pijle daarin verdor sij in kaf. Hij het nog nie vrouw en kinders gehad nie, so het die groot Slang net sij ouers gestraf om al die fonteine te laat opdroog. Maar die Meid van die Waters het jammer vir haar ouers gevoel en het hulle toegelaat om bij die seekoegat water te kom [142]skep sonder hulle in die gat in te sleep—op hierdie manier is hul van die dood gered geword.
Maar die Meid van die Waters, of somaar kortweg, die Watermeid, leef vandag nog; sij woon nog in al die diep gate water; so waarskuw die moeders altijd hulle kinders om tog nie nabij die kant van die diep waters te gaan nie; want dan sal die Watermeid die kinders in die diep waters intrek, waar hul in Paddas verander word. Om hierdie rede is die kinders tot vandag toe nog bang vir groot seekoegate en blij daar weg. [145]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie krij ons bepaald te doen met ’n Bosegees, wat sij vermaak daarin gehad het om mense te pijnig.
In die dae van die ougeslag was daar ’n Toorheks, wat alte graag mense seer gemaak het. Sij het verskeie gedaantes aangeneem, maar het haar meestal vertoon in die gestalte van ’n groot Skilpad. Dit was nooit bekend geword dat sij ooit iemand goed gedoen het nie.
Om haar streke beter uit te voer, het sij haar altijd siek aangestel, waarmee sij die mense jammer vir haar laat krij het. En as die mense vir haar kom dokter, dan sit hulle aan die pen.
As ’n Skilpad het sij maar min geëet en gedrink. Verder het sij ’n lui-lekker lewe gelei.
Bij ’n seker geleentheid lê sij in die skaduwee van ’n bos. Daar kom toe ’n man verbij, en sij roep uit: “Mij liewe ou broer, kom tog nader! Ek het so ’n ondraaglike pijn in mij nek, kom vrijwe tog mij nek in met vet.”
Die man kom nader, vat die vet, kniel voor haar en begin haar nek te vrijwe. Meteens ruk die groot Skilpad haar nek in die dop, en vas sit daardie man se hand. Hij brul van pijn en soebat mooi dat sij tog haar kop moet uitsteek dat hij sij hand kan uitruk. Maar alle smekings was verniet. Hij grijp met die ander hand ’n klip en skrop daarmee die dop, en van daardie grilligheid steek [146]sij haar kop uit, en toe eers kon hij sij hand uitruk. Maar al die vleis en velle was daarvan af—net die kaal senings en bene het oorgeblij.
Net toe kom daar ’n ander man verbij, en die groot Skilpad roep uit: “Mij liewe ou broer, kom smeer tog mij nek met vet—ek het daar so ’n vreeslike pijn in dat ek daarvan kan beswijk.”
Die eerste man steek gouw sij seer hand onder sij karos en sit, met sij pijn, bedaard aan te kijk wat nou sal gebeur.
Die groot Skilpad steek haar nek lang uit, en die man begin die nek met vet in te vrijwe. Meteens ruk die Skilpad haar nek gouw in, en vas sit daardie tweede man se hand ook. Hij krul en skree van pijn; maar los is min.
Die eerste man wil toe wegstap, en laat die ander so in sij smarte sit. Die tweede man roep uit: “Ou broer, waarom het jij mij so ’n stel laat aftrap?”
Die eerste man haal toe sij hand onder die karos uit en wijs hoe dit lijk, en sê: “Ek voel net soos jij nou daar voel,” en hij gaan weg.
Die tweede man, wat toe nog vassit, vat met sij ander hand sij kierie en begin op die dop van die groot Skilpad te timmer. Toe steek die Skilpad haar kop uit, en hij ruk toe gouw sij hand uit. Maar die velle en vleis het daarvan afgeskeur. Hij stap toe ook huistoe, so te sê blind van pijn.
Die twee mans het op dieselfde plek gewoon, en hulle stap toe saam huistoe. Toe hulle thuis kom, was die Maan nog jonk. Soggends, as hulle opstaan, neem hul van die [147]douw, wat die water van die Maan is, en was hulle hande daarmee. En namate die Maan groei, so ook groei die vleis oor hulle kaal senings en bene. Toe die Maan vol was, was hulle hande volkome gesond en was weer net soos dit tevore was.
Daarna stap die twee mans saam die veld in en krij die ou Skilpad weer op ’n ander plek lê. Weer roep sij: “Mij liewe twee broers, kom smeer tog mij bene met vet, ek het vretende pijne daarin, sodat ek van die krampe kan doodgaan.”
Die twee mans stap nader en maak nes of hul haar bene met vet wil smeer, maar rol die ou Skilpad op haar rug en stop klippe rondom haar, sodat sij nie weer kan reg rol nie. Hulle stap toe weg, onder die vermoeding dat hulle haar gestraf het.
Daar voor ontmoet hul twee Kraaie. Hulle betower die Kraaie, sodat waar hul Skilpaaie op die lijf mag loop, hul dan die vleis van die Skilpaaie lewendig moet uitpik. Hulle stuur toe die twee Kraaie na die groot Skilpad toe om haar vleis lewendig uit haar dop te skeur. Maar die ou Toorheks het van alles geweet en hou haar gereed; want sij voel geen pijn nie.
Toe die Kraaie daarheen vlie, roep die een uit:
“Die ou is maer, die ou is maer!”
Die ander Kraaie antwoord:
“Haar oog is vet, haar oog is vet!”
Toe die Kraaie daar kom, val hul meteens op die Skilpad aan en pluk haar vleis lewendig uit haar dop. Maar sij is ’n ou Toorheks en voel daar net niks van nie, [148]en laat die Kraaie maar hulle gang gaan. Sij het wel gemaak of sij seer krij.
Toe die Kraaie die dop skoon uitgepik het, vlie hulle weg om die tijding aan die twee mans te bring. Die twee mans was baie blij om die berig te krij, en hulle spring in die rondte en dans van vreugde.
Maar net soos die twee mans die Kraaie betower het om Skilpaaie te vreet, net so het die ou Toorheks die Bije betower om mense te steek waar hul die mense ook al krij.
Oor ’n ruk loop een van die mans in die veld rond en sien daar die leë Skilpaddop lê. Hij tel dit op om dit te bekijk. Maar daar het ’n swerm Bije ingetrek, en die Bije pak daardie man en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie—want die man se lijf was amper kaal en met min klere bedek. Hij neem die vlug huistoe, maar op weg beswijk hij van pijn en val neer. Hij gooi toe stof in die lug. Die mense thuis weet wat daardie stofgooierij beteken; hulle storm toe, tel die man op en dra hom onder groot smarte huistoe.
Onderwijl het die ander man daar bij die leë Skilpaddop aangekom. Hij tel ook die dop op om dit te bekijk, en die Bije pak hom ook en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie. Hij vlug ook huistoe; maar val ook van pijn op die weg neer. Hij neem ook toevlug tot stofgooi in die lug. Net toe die mense die eerste man in sij huis neersit, sien hul die tweede stofgooierij. Hulle storm daarheen en vind die tweede man ook in sij smarte. Hul dra hom ook huistoe. En die twee was lank siek voor hul gesond geword en rondgeloop het. [151]
OPMERKINGS:—Hierdie Storie het ons hoor vertel op Katkop, Limoenkop en op Klipfontein, langs Hantamrivier (dist. Calvinia), en daaruit is die inhoud saam gestel. Wolf bij die Boesman is ’n slim man, en hier word vertel waarom hij ’n uitgeteerde agtervoet het: ook waarom die Rooikat klossies hare aan die punte van sij ore het en net vleis eet.
Die Son was eers ’n mens van die ougeslag, en het toe in die lig van sij blink gesig rondgestap, gejag en plesier gemaak. Maar die ander ouvolk het boos op hom geword en het hom toe vermoor, en hulle kinders het die Son se skitterende kop in die lug gegooi, alwaar dit aldag nog skijn.
Die oudste seun van die ouman was baie gek na sij vader, en word toe die boodskapdraer van sij vader en het verskeie werkies vir die ouman verrig. Die naam van die seun was Dageraad.
Sij eerste werk vroeg in die oggend was om die liggies van die Sterretjies dof te maak, en dan die blouw lug uit te hang, waaragter die Sterretjies verberg blij. Daarna staan die Son uit sij bed op; en die werk vir die seun vir die dag is dan afgedaan. Hij gaan dan jag, kos grawe of gesels.
Sodra sij ou vader, die Son, sij dagwerk verrig het, en van moegheid saands aan die westekant op die rantjies [152]gaan sit, dan stap die tweede seun, wat Aandskemering heet, oor, om sij vader, die Son, in sij bed te sit. Dan is Aandskemering ook vrij om te doen wat hij wil. Maar nooit het Dageraad en Aandskemering—al was hulle broers—van mekaar gehou nie; so het hulle ver van mekaar gaan woon.
Eendag, na Dageraad, na ou gewoonte, vroeg opgestaan het en kos en water na sij ou vader, die Son, se bed gebring het, stap hij rond en sien ’n mooi jongmeid van die ougeslag. Wolf se dogter was ook daar. Dageraad wou met die mooi jongmeid trouw; maar Wolf se dogter was te smoor verlief op die skone Dageraad; sij word jaloers.
Dageraad trouw met die mooi jongmeid, en hulle het toe later ’n mooi meisiekind gehad. Die ouers, en algaar, was baie gek na die kind—net Wolf se dogter nie.
Op ’n ander dag, toe Dageraad die werk van sij ou vader, die Son, klaargemaak het, toe neem hij sij vrouw en kind veld-toe, hij lê die kind in die koelte onder ’n bossie, en gaan jag; onderwijl grawe sij vrouw en haar jong suster mierrijs.
Jakhals kom daar en wil met die kindjie speel; maar die kind wou niks met hom te doen hê nie. Toe kom Wolf se dogter daar en wil ook met die kindjie speel; maar die kind wil ook met haar niks te doen hê nie. Daarop kom Bobiaan daar en wou ook pret met die kindjie maak, dog eweneens wou die kind met hom ook niks te doen hê nie. Ten laaste kom Swart Kraai daar; maar sij praatjies het die kind nie aangestaan nie. Maar toe die moeder die [153]kindjie optel en met haar speel, toe lag en spring die kind in haar moeder se arms; want sij het haar moeder geken en was blij om bij haar weer te wees.
Jakhals word jaloers en draf weg. Wolf se dogter word jaloers en gaan bij haar vader, wat daar nabij was, kla en huil oor die belediging wat die onskuldige kindjie aan haar gedoen het.
Wolf erg hom somaar in sij hart en roep uit: “Dis jouw eie slegtigheid dat jij nie die vrouw van Dageraad geword het nie; hoekom het Dageraad dan die ander meid gevat en nie vir jou nie?”
Maar toe sij so bitter huil, krij hij vir haar jammer en sê: “Ek sal jou vertel wat jij moet doen om die vrouw van Dageraad te word: Neem van die swartagtige sweet wat agter jouw skouerblaaie sit, en gooi dit op die mierrijs wat Dageraad se vrouw sal eet, en jij sal sien wat sal gebeur.”
Wolf se dogter hol gouw terug en gaan toe na die hut waar die vrouw van Dageraad die mierrijs sit en was. Ongemerk gooi sij van haar armsweet op die gewaste mierrijs. En toe die rijs gaar gemaak was, eet die vrouw daarvan; maar sê aan haar jonger suster: “Moenie van hierdie rijs eet nie, want ek voel ek word gek en raak van mij verstand af.”
Daarop val die ringe om haar nek af, en lê op die grond; toe val haar armbande af, en lê op die grond; toe weer die ringe wat om haar enkels was; daarop val haar karos en velrok af, en algaar blij op die grond lê. Die dogter van Wolf vat dit alles en trek haar daarmee aan en sit die ringe vir haar om. [154]
Die vrouw van Dageraad voel dat sij ’n wilde dier word, en sij hol die veld in. Haar jong suster hol, met die kind agter haar rug, agterna en wou haar vang en vashou. Dog die vrouw hol ver en vlug ’n kol riete in.
Die jonger suster roep uit: “Wag eers, en laat jouw kind drink,” daarop oorhandig sij bij die rietkol die kind aan die moeder.
“Ja, gee haar hier, dat ek mij kind kan voed, eer ek ’n wilde dier word!”
En toe die kindjie versadig was, gee sij die kind weer terug, en sê aan haar jonger suster: “Kom môre vroeg weer, dat ek die kind kan voed; want ek voel dat ek in mij harsings gekrink raak. Ek voel ek word ’n verskeurende dier.”
Hierop vat die jonger suster die kind, stap huistoe, en die vrouw gaan gouw weer in die riete lê.
Die aand kom Dageraad thuis en dog toe dat Wolf se dogter sij vrouw was, en vra: “Waarom laat jul die kind so huil?” Waarop sij skoonsuster geen antwoord gee nie, maar sus die kind in slaap.
Die oggend, toe Dageraad lig maak, hol die suster met die kind na die rietkol en roep uit: “Suster, suster! hier is ek met jouw kind!”
Die moeder kom uit die riete, vat die kind, en na sij haar kind gevoed het, gee sij dit aan haar jonger suster terug en sê: “Jij moet vanmiddag die kind weer bring, sodat, eer ek ’n verskeurende dier is, ek mij kind weer kan voed.” [155]
[157]
Die jonger suster het só op die middag, en ook teen die aand, gedoen.
Daardie aand gee die ouvolk ’n ’Ku-dans; dan klap die meide op hulle hande, die volk kom voor die meide flikkers maak, buig en knik met hulle koppe. Die dogter van Wolf dink dat hul die ’Ku-dans vir haar gemaak het, dog sij sit in die donker, met haar rug na die dansers toe. Ook was sij bang om die ringe om haar nek, arms en bene te laat, maar lê dié naas haar, waar sij sit.
Toe Dageraad sij flikkers voor sij skoonsuster kom maak en haar op die skouer klop, vlie sij kortom en roep uit: “Waarom maak jij nie liewers jouw flikkers voor jouw Wolf-vrouw nie? Daar sit sij!”
En sij wijs haar met die vinger uit.
Toe eers gewaar Dageraad dat dit nie sij vrouw was nie; hij grijp sij asgaai, om haar daarmee dood te steek. Dog Wolf se dogter was te gouw, spring op, trap met haar een agterpoot in die vuur, ontvlug, en die asgaai steek vas op die plek waar sij gesit het. Haar poot was erg verbrand.
Dit was toe al laat in die nag—amper dagbreek—, en Dageraad was kwaad vir sij skoonsuster dat sij die geheim van hom verberg het, en roep uit: “Kom wijs mij waar mij vrouw is!”
Maar die skoonsuster antwoord: “As jij lig maak, dan kan ek jou die plek gaan wijs; want jouw vrouw het in ’n verskeurende dier—’n Leeuwin—verander.”
Dageraad maak lig. [158]
Toe roep die ander ouvolk uit: “Laat ons bokke voor ons uitdrijwe, sodat die Leeuwin van die bokke, en nie vir ons kan vang nie.”
Hulle ja toe die bokke vooruit, en die skoonsuster gaan die plek wijs.
Toe hul bij die plek aankom, sê die skoonsuster aan Dageraad: “Kom kruip agter mij weg.”
Hij gaan agter haar staan en koes. Die ander volk gaan weer agter hom staan en koes, sodat die vrouw net haar jonger suster kan sien. Toe roep daardie jonger suster uit: “Suster, suster, kom uit! Ek het jouw kind gebring, sodat jij haar kan voed.”
Die vrouw kom toe uit en sien die bokke staan. Sij gaan een vang; en toe storm die jonger suster en die volk saam met Dageraad; hul pak die vrouw, wat nou ’n Leeuwin is, en hou haar vas. Hulle vat van die inhoud van die bok se ingewande en dokter haar daarmee en begin toe haar vel af te trek.
Maar sij roep uit: “Laat die hare op die punte van mij ore blij, anders word ek doof en kan dan glad nie hoor nie.”
Hulle trek toe die leeuwvel van haar lijf af, dog laat die lang hare op die punte van haar ore staan. Sij word weer die mooi meid wat sij vroeër was; maar verander spoedig in die groot Rooikat, wat vandag nog die klossies lang hare aan die punte van sij ore het.
Met dit al, blij sij die vrouw van Dageraad; want eindelik het sij die mooi meid geblij. En daar sij met mierrijs getoor was, eet ’n Rooikat net vleis en nie rijsmiere nie. [159]
Sij het weer haar eie kind kon oppas; en daardie dogter het kinders gehad, en die kinders het ook kinders gehad. Algaar is in Sterre verander geword; en daardie Sterre volg nou hulle ouers agterna en is nou die blinkste Sterre aan die hemel.
Toe Wolf se dogter thuis kom, vertel sij al die leed wat hul haar aangedoen het, ook dat Dageraad haar met die asgaai wou doodgegooi het. Toe kook Wolf se bloed van boosaardigheid. Hij neem daar en dan ’n besluit om Dageraad dood te maak.
Hij stap in die nag na die plek waar Dageraad slaap, en pak hom. Hij vermoor hom en begin hom af te slag. Maar net toe hij die liggaam oopsnij, vlie die skitterende Hart daaruit en trek in die lug op, en het van toe af die Môrester geword. Dis toe dat hij sij vrouw, kinders en kleinkinders kom haal het, om bij hom aan die sonop kant van die lug te woon. Dog die groot blink Môrester moet ons verstaan, is die Hart van Dageraad. [163]
OPMERKINGS:—Hierdie Storie het ons eenmaal hoor vertel, en wel op die plaas Zoovoorbij, langs Hantamrivier, dist. Calvinia. Daar was een aand in 1881 ’n Boesman-danspartijtjie, toe het een van die outas sij talent in storie-vertel laat hoor.
Die twee seuns van die Son, Dageraad en Aandskemering, het van hulle jong dae af al nie met mekaar kon klaarkom nie. As kinders, het hulle altijd getwis en nie bijmekaar wou slaap nie. Dageraad se werk het met dagbreek tot sonuit geduur, en hij het nie sulke goeie oë gehad nie—dus het hij gewoonlik saands vroeg gaan slaap. As hij in die nag opblij, dan moet daar ’n groot vuur wees om vir hom lig te maak.
Maar Aandskemering het twee groot oë gehad, wat in die donker nes twee vlamme vuur blink. Sij werk het met sononder begin en geduur tot donker; dan rinkink hij in die nag, of gaan jag en kos soek. Daar hij glad niks van sij broer, Dageraad, gehou het nie, was sij eerste werk om sij vader, die Son, in sij bed te sit en dan kos en water vir sij moeggeloopte vader te gee. Dan gaan hij die blouw lug, wat Dageraad in die oggend uitgehang het, afpluk, sodat die Sterretjies weer kans kan krij om aan die hemel te flikker en skitter. [164]
Een oggend, toe Aandskemering van sij jag huiswaarts keer, en Dageraad gereedmaak om lig te maak—dus net met die begin van dagbreek—, ontmoet die twee broers en begin somaar uit die staanspoor te twis. Hulle pak mekaar en slaan vuis. Dageraad grijp sand en stof en wou dié in die groot oë van Aandskemering gooi—dog dit was mis. Toe roep Dageraad uit: “Hierdie sand en stof sal Muskiete en Muggies word, om jou saands en snags te bijt.” Aandskemering, nie links nie, grijp water, om in die nouw ogies van Dageraad te gooi—en ook dit was mis. Toe roep hij uit: “Dit sal Douw word, om jou pad vir jou soggends nat te maak!”
Deur Dageraad nie sulke goeie oë gehad het nie, kan almaal wat in die oggendskemering rondloop, ook nie so goed sien nie, terwijl, aan die anderkant, Aandskemering groot oë gehad het; daarom kan algaar beter in die aand as grouw voor dag sien.
Wolf se dogter, wat so verlief was op Dageraad en hom nie as haar man kon krij nie, het tog man gekrij; maar spoedig was sij weduwee deur die sterfte van haar man. Sij word nog meer verlief op Aandskemering, die ander broer.
Maar Aandskemering het al ’n ander mooi meisie, met groot oë, vir hom uitgekies en was met haar getrouwd.
Wolf se dogter gaan weer na haar vader, Wolf, toe, om sij raad te vra, en versoek hom om hierdie slag tog beter raad te gee as die laaste keer met Dageraad. Die ou krap sij kop ’n rukkie en dink diep. Hij gee daardie dink op en roep uit: “Loop vra vir jouw ma.” [165]
Sij stap na haar ma, wat meer kennis van sulke sake het as haar pa, en vra haar om raad.
“Kijk, mij kind, jij is ’n weduwee; jouw man en kindjie is dood. Aandskemering en sij vrouw het ook ’n kindjie, na wie hulle baie gek is. Ek sal jou raai om daardie kindjie te gaan steel; en vind Aandskemering later uit dat jij die kind het, sal hij jou trouw—net terwille van die kind. Maar voor jij gaan, laat ek jou worteltjies gee om die ouers van die kind te toor.”
Wolf se dogter vat die worteltjies, maal dié fijn en stap daarmee weg. Bij Aandskemering se huis staan net ’n pot op die vuur te kook. Dit was skemeraand toe sij daar aankom, en Aandskemering was toe nog nie thuis nie. Wolf se dogter, toe sij bij die vuur verbij kom, roep uit: “A, watter kos kook julle vanaand? Ek het die ruik daarvan al ver kon snuiwe.”
Sij maak of sij die kos in die pot omroer, en met hierdie geleentheid gooi sij skelmpies die toorgoed daarin.
Aandskemering het laat weggeblij. Sij vrouw het honger gekrij en begin te eet. Intussen steel Wolf se dogter die kind, wat aan slaap geraak het, en vlug daarmee. Want die moeder het ook vas in die slaap geval.
Toe Aandskemering die nag thuis kom, lê sij vrouw, tot sij verwondering, vas in die slaap—dis mos iets wat sij in die dag moet doen. Hij maak haar wakker; maar sij was glad deurmekaar. Hulle soek die kind, maar vind dit nêrens nie. Want die moeder haar geheue het verlore geraak, en sij kon niks vertel nie. [166]
Die vader, bij hierdie tijd, het ook honger gehad. Hij wou van die kos in die pot eet; maar dit het ook bij hierdie tijd bitter geword. Toe vind hij uit dat die kos betower was. Hij gaan gouw sij eie worteltjies grawe en eet dié; en bring daarvan ook aan sij vrouw. Sij kouw net effentjies daaraan, word ’n bietjie reg, maar word bang, en wou nie meer daarvan eet nie. Al wat sij toe kan herinner, is haar kind, en dat ’n dier bij haar was. Maar sij verbeel haar dat daardie dier ’n groot Muis was. Sij word toe so venijnig op Muise dat sij hulle vermoor waar sij hulle krij. Dog sij self verander langsaam in die gedaante van ’n Uil. Net soos haar man, Aandskemering, skemerlig maak, dan ontwaak sij, vlie weg om die Muise te vermoor en dan op die tak van ’n boom te gaan sit om hoe-hoo, hoe-hoo oor haar kind te huil.
Toe Wolf se dogter dit alles bemerk, toe begrijp sij dat dit nou haar tijd is om haar lijf na haar beminde, Aandskemering, aan te bring; en sij kom met die kind agter haar rug aangestap. Dadelik herken die kind sij vader, steek sij armpies na hom huilend uit; dog sij moeder, wat in ’n Uil verander is, ken hij glad nie meer nie. Sij vader neem hom in sij arms, dog die kind het ook verander, sodat sij vader hom nie as sij eie kind kon eien nie. En terwille van die kind, wat hom gedurig omhels en pa-pa noem, neem hij ook Wolf se dogter tot vrouw, wat nou te danig verlieferig op hom is.
Kort daarop kom teen die aand ’n Hamerkopvoël aangevlie. Nou ’n Hamerkop is ’n voël wat alles in die water kan sien wat gebeur; want alles spieël hul in die [167]water af. Daardie Hamerkop het oor die hut van Aandskemering gevlie, waarin die famielie van Aandskemering sit en gesels. Hij roep toe vir Uil, wat so treurig oor haar kind kerm; en haar man, Aandskemering, stap saam.
Wolf se dogter sit in die hut luister hoe Hamerkop alles vertel hoe sij die famielie betower het. Sij grijp die kind en vlug met hom op haar rug weg. Toe hierdie bedrog ontdek word, word Aandskemering so boos dat hij sij pijl en boog grijp om Wolf se dogter dood te skiet. Maar hij was te laat—sij het reeds weggevlug.
Hij agtervolg haar tot bij Wolf se huis en skop daar toe ’n bombarie op. Maar Wolf bring hom, na baie redeneer te hê, tot bedaring, en sê: “Aandskemering, kom stap saam met mij na daardie klipkrans toe, en ek sal jou daar wijs dat jouw vrouw en kind daar fris en gesond sit en op jou wag.”
Die twee stap saam, en toe hul op die rantjie van die afgrond staan, stoot Wolf vir Aandskemering die afgrond af. Aandskemering val daar onder. Een van sij blink oë bars op die plek, dog die ander vlie in die lug op en word toe die groot blink Aandster.
Die kindjie treur en treur oor sij ouers en wil nou nie meer tevrede bij Wolf se dogter wees nie. Hij het weggekwijn, tot hij ’n IJstervark geword het, wat uitkom as dit skemeraand word en sorg om voor dagbreek in die klipskeur thuis te wees. Uil sit nou nog te kerm oor haar kind, terwijl Wolf nog al aande vir Aandskemering agter die westerantjie die afgrond instort. [171]
OPMERKINGS:—Dampertjie is ’n swart-blouw Goggatjie met ’n langwerpige ronde lijf. As hij aangeroer word dan slaan daar ’n swart-blouw damp uit sij lijf. Spuitertjie is ’n vaal langwerpige plat Gogga—hulle stap gewoonlik twee bij mekaar. Sodra hij aangeroer word, dan spuit daar gewoonlik ’n helder straal vloeistof uit sij lijf, wat vreeslik in die oë brand. In hierdie Storie word ’n ander verhaal gegee hoe wolke ontstaan het; ook kom die Boesman-bijgeloof uit dat swart weerlig doodslaan en nie die blink weerlig nie. Die rijm-gedeelte het ons ’n bietjie verbeter, daar die verteller dit uit Boesmans aan ons vertaal het.
Toe die Son nog ’n Mens van die ougeslag was en rondgeloop het, het sij maters hom vermoor. ’n Ander man het ’n entjie daarvandaan op ’n miershoop gesit en het die hele moord aanskouw. Hij het gesien dat Wolkop (of Wolkkop) die aanvoerder van die moordenaars was. Ook het hij gesien hoe Wolkop se vrouw en ander meide hulle kinders gestuur het om die kop van die Son in die lug te gooi. Na dit was hul gerus.
Toe eers gewaar Wolkop dat die ander man dit alles gesit en aankijk het. Wolkop stap na die man toe en sê: “Hoor, as jij gaan vertel wie die Son vermoor het, dan vang ons jou en snij jou lewendig aan touwtjies vleis! Jij maak jouw mond nie oop nie.” [172]
Die man was maar van die bang soort en hij belowe hand en mond om met niemand daaroor te praat nie.
Maar die moordgeheim kwel hom daarna baie, en hij voel, as hij dit nie vertel nie, dat sij hart sal bars, en dat die spokerij snags nie bij hom sal ophou nie. Dog aan die anderkant was hij bang om in touwtjies, so lewendig-lewendig, gesnij te word. Daarom maak hij liewers sij mond nie oop nie, en maak vir hom sulke kos wat hij tussen sij lippe kan opsuie.
’n Ou Towenaar kom bij hom en praat met hom; maar die man wou geen antwoord gee nie—te bang om sij mond oop te maak dat die geheim sal uitvlug en bekend word.
Die ou Towenaar sê daarop: “As jij nie jouw gedagte uitpraat nie, dan sal jouw hart bars, en jij sal op die plek doodval.”
Die man voel dit, dog hij was te bang om aan vleistouwtjies gesnij te word; hij gee nog geen antwoord nie en stap weg.
Hij voel sij hart swel, en die sweet tap hom af. Hij kom bij ’n ou erdvarkgat, hij staan te dink, hij maak die bek van die gat toe, en laat net ’n klein gaatjie oop; daarin praat hij hierdie woorde:
“Dis Wolkop, die vabond;
Dis Wolkop en maters;
Ook Wolkop se kinders,
Wat kwaad doen en stil blij—
Dis hulle!”
[173]
“Ek praat nou maar reguit:
Ek het dit gesien, ja;
Maar moet mij bek hou, of
Hul snij mij aan riempies—
Sê hulle!
“Maar hou ek mij bek toe,
Dan bars mij ou hartsak.
Nou hoor hier: Die Sonman
Het hulle gemartel—
Dis hulle!”
Voor die woorde kon uitkom, prop hij die gaatjie toe, en die woorde blij binne in die geslote erdvarkgat. Toe was daardie man nie meer bang om sij mond oop te maak, lekker te eet en na hartelus te gaap nie.
’n Ruk daarna hardloop ’n klomp gemsbokke oor die gat; een van die bokke trap met sij poot ’n gat deur tot in die groot gat, en toe kom daar ’n swart-blouw damp deur die deurtrapplek. Die damp was die woorde wat al vermuf het. ’n Lewerkie wat daar nabij was, gaan kijk; en toe hoor hij van daardie woorde wie aanvoerder van die moordenaars van die ouman, die Son, was. Ewe blij vlie hij op in die lug, dartel rond en herhaal wat hij gehoor het—iets wat hij nou nog soggends doen om in die lug met vrolike gesang die boodskap aan die Son te bring.
Die ou Towenaar, wat ’n stokoud broer van die Son is, luister na die woorde wat die Lewerkie sing, en hij stap reguit na die man toe wat daardie woorde in die erdvarkgat toegeprop het, en hij vra: “Hoekom het jij vir jou doofstom [174]aangestel toe ek die ander dag met jou gepraat het? Nou, omdat jij die kwaad verberg het, sal jij in ’n Swart Goggatjie verander. Op die warm sand, wat die Son geskroei het, sal jij trap om jouw pote te brand. En daardie woorde, wat in die erdvarkgat vermuf het, sal ’n damp wees wat uit jouw lijf sal slaan.”
En die man verander op die plek in ’n Gogga, wat ons ’n Dampertjie noem.
Dampertjie se suster, wat naas hom gesit het, huil en gaan tekeer en wou die Towenaar met sand of klippe gooi; dog hij verander haar ook in ’n Dampertjie, wat toe bij haar broer woon.
Dadelik stap die ou Towenaar na Wolkop toe en vra hom waarom hij en sij maters die Son gemartel en vermoor het. Wolkop wou nog strij; maar toe die ou Towenaar sij aandag tot die lied van die Lewerkie trek, hoor hij dat die voëltjie sing dat dit die woorde van Dampertjie is; en hij kon nie meer strij nie.
Toe sê die ou Towenaar teen Wolkop: “Jou sal ek ook in ’n Gogga verander; die pijle waarmee jij mij ou broer, die Son, geskiet het, sal nou in water verander, wat soos vuur sal brand. Voortaan sal jij die Spuitertjie-Gogga wees, wat ook op die hete sand sal rondhol, wat die Son so warm geskroei het.” Van toe af word Wolkop die Spuitertjie-Gogga.
Spuitertjie was nou baie boos op Dampertjie en soek nou net een streek deur om hom, waar hij hom krij, dood te maak. In die veld krij hij Dampertjie se suster; hij steel haar en vlug ver met haar weg. [175]
Dampertjie het orals na sij suster rond gesoek, dog kon haar nie vind nie. Eindelik ontmoet hij vir Hotnotsgod, en dié vertel hom dat Spuitertjie haar gesteel en met haar gevlug het. Dampertjie was boos, en hij stap na die plek waar sij suster sit en treur. Hij vind haar, vat haar hand, en broer en suster vlug weer terug. Sij grijp Spuitertjie se knapsak, waarin hij die brandwater opberg, hang dit om haar hals, en draf naas haar broer, en die twee loop wat hul geleer het.
Spuitertjie ontdek die vlugterij gouw. Hij hol allangs die maanhaar van ’n rantjie, vanwaar hij Dampertjie en sij suster mooi in die vlakte kan herken. Hij maak wit donderwolke; want waar Dampertjie vlug, het hij weer swart donderwolke gemaak. Spuitertjie skiet uit die wit wolke met blink weerlig, dog Dampertjie sê aan sij suster: “Moenie bang word nie; kom loop aan die ander kant van mij, dan kan hij jou nie raak nie.” Dampie skerm die weerligstraal weg. Die sak met die brandwater skommel in die knapsak en ruk en pluk die suster in haar drafstap rond.
Dampertjie kon vir Spuitertjie daar op die rantjie, en tussen die klippe, nie goed beken nie; daarom kon hij nie raakskote met sij swart weerlig skiet nie; dog hij peil op die plek waar die wit lig vandaan kom. Hulle vlug en vlug haastiger. Spuitertjie kom en kom, en blij hol langs die maanhaar van die rantjie, dan voor, dan agter die klippe.
Hij skiet weer blink weerlig, dog Dampertjie skerm dit met sij arm af, en gooi weer van die swart weerlig na [176]Spuitertjie se kant toe. Hij moedig sij suster aan om gouw te loop.
Eindelik sien hij vir Spuitertjie bo teen die lug op die rantjie staan, hij skiet ’n swart weerligstraal op hom af. Raak! Spuitertjie val en skop met sij voete op die grond: die gedreun daarvan is die gerommel van die donderweer.
Dampertjie moedig sij suster steeds aan om flink aan te draf. Die wit wolke pak swaar op die rantjie, waar Spuitertjie lê en skop. Die gedreun rommel hard. Die swart wolke pak dik bokant en om Dampertjie en sij suster, wat nou eers hard vlug, solank Spuitertjie magteloos op die grond lê dreunings skop.
Hulle was toe al nabij die huis. Hulle drafstap slaan oor in hardloop; want Dampertjie soek nou na doktersgoed, daar die slaan van die wit weerlig teen sij lijf en kop hom hoofpijn gegee het.
Sij suster het toe vir hom gedokter; want sij was blij om weer thuis te wees. En Spuitertjie het nooit weer tot verhaal gekom om hulle gedurig te pla nie.
Die Boesmans sê: Die swart weerlig maak geen geraas nie en slaan dood; dog die blink weerlig maak wel ’n geraas, maar slaan nie dood nie. [179]
OPMERKINGS:—Sommige van die Geeste-Stories van Boesmans is nogal heel mooi opgestel; dog vir kinders, wat alte graag daarna luister, vind die ouers dit nie so doeltreffend as gewone stories nie; so het ons goed gevind om sulke verhaaltjies te onderdruk, en waar hul nogal op die toneel verskijn, met hul so min kennis te maak as moontlik; dog dié soort stories staan in nouw verbinding met Boesmangodeleer. Die geestegedeelte van hierdie storie is onderdruk—dus lees maar voort.
Dis lig te begrijp dat storievertellers nie altijd met mekaar raadpleeg nie: vandaar verskeie verklarings van dieselfde geskiedenis. So krij ons hier ander verklarings as in die allereerste verhale.
Toe die Diere en ook die Mense gemaak was, het hulle nie kos en water gehad nie. Toe moet die een Dier die ander se vleis eet en sij bloed drink. Maar dit gee ’n uitroeierij onder hulle af; dog wat anders kon hul doen? Hulle huil toe oor hulle toestand en soek om verbetering. ’n Baie groot Olifant, wat so groot is dat hij oor ’n rantjie of koppie kan sien, praat toe en sê: “As ek dood is, sal ek dit baie lekkerder hê as nou. Dan is ek ’n groot Gees, wat geen kos en water nodig het nie; want Geeste eet en drink nie; en as ek ’n Gees is, sal ek vir julle algaar sôre. Mij bene sal ek laat bome word, wat vrugte vir julle kan lewer; mij senings sal plante word, wat op die grond rank en vir julle waterige waatlemoene en wilde komkommers dra, en [180]mij hare sal op die grond groei en gras word. Dan sal julle oorgenoeg kos hê.”
Die Diere vra: “Hoelank gaan jij nog lewe? En hoelank moet ons nog wag? Want ’n Olifant word baie oud.”
Hij antwoord: “Hoelank ek gaan lewe, weet ek nie. Al wat julle te doen het, is: julle moet julle tijd afwag.”
Daarop vra die Diere weer: “Waar krij ons water om te drink?”
Hierop gee die groot ou Slang, met die blink steen op sij kop, antwoord: “So gek om dood te gaan, is ek nie; maar ek sal oor ’n plan nadink om water te maak. As ek dood is, kan ek dit nie doen nie.”
Van al die Diere wat sterk genoeg is om die groot Olifant dood te maak, is die groot Slang met die blink steen op sij kop die enigste; want hij is nie alleen baie sterk nie, maar daarbij ook baie giftig.
Daardie groot Slang roep toe uit: “Groot Olifant, jij het jouw eie vonnis uitgespreek. Jij moet woord hou! Op die plek moet jij dood, dan sal jij en ons algaar gelukkiger wees as nou.”
Hierop maak die groot Slang ’n aanval op die groot Olifant, en bijt hom met sij gif dood. Toe het al die Diere vereers genoeg kos en drank aan die vleis en bloed van die Olifant. Dieselfde aand sien die Diere die groot Gees van die Olifant, met twee groot vurige oë en bek, rondstap; maar die Gees stap weg en doen vir hulle niks nie.
So het hij aand vir aand kom kijk na sij aas, waaraan die Diere eet tot daar glad niks meer oorgeblij het nie as [183]net die bene, senings en hare. Toe praat die Gees met die bene, die senings en hare, dat hul bome, rankplante en gras moet word, wat kos aan die Diere moet verskaf, en dat hul hulle eie sade moet dra, om hulle self verder voort te plant.
Toe kom daar bome, rankplante en gras.
Maar daar was toe nog geen water nie. Hiervoor het die groot Slang mos belowe om te sorg. Hieroor spreek die Diere toe die groot Slang aan en vra hom waarom hij nog langer versuim om water te maak.
Op die plek kruip hij onder die grond en maak toe die onderaardse waters, wat in fonteine staan of uitborrel.
Die gras en bome langs die fonteinplekke groei toe welig en geil; maar die plante op die berge en vlaktes kwijn, verlep en verdor. Toe huil daardie plante en soebat die Sterretjies en Maan om tog van hulle water snags op die bome, rankplante en gras uit te giet.
Maar die Maan en Sterre antwoord dat hul net genoeg water vir hulle eie gebruik het, en daarvan nie kan spaar nie.
Daarop huil die plante wat op die berge en vlaktes groei. Die plante aan die waterbronne huil ook saam oor die lot van hulle broers en susters. Hierdie rouwgekerm was te veel vir die Maan en Sterre, wat toe ook met die dorstiges bitterlik saamhuil; en hulle trane val snags in druppels op die blare van die plante, sodat hulle soggends nat gedouw is.
Die geval nou is: Die Diere het genoeg drinkwater bij die fonteine, wat deur die groot Waterslang gemaak is; [184]ook die plante wat bij die fonteinplekke groei het volop water; maar die berge en vlaktes is droog en dor. Dan kom daarbij nog: Die sonstrale is warm en dorstig, en die wind is dor en ook dorstig; daarom lek daardie sonstrale en wind die douwtrane soggends vroeg op.
Daar was ’n groot Bees, wat baie graag gras geëet het, en hij kon nie genoeg daarvan krij om te eet nie. Hij sê toe dat hij reën sal maak om orals op die velde te laat uitstort. Hij neem van die waters van die fonteine en gooi dit in die lug. Hij stap van fontein na fontein en smijt water in die lug. Die winde kom van ver af en drijwe al daardie waters bo in die lug saam om wolke te vorm; dan vervoer hij die wolke, wat reën uitskud, oor die velde; en so het die eerste reëns ontstaan.
Later, as daar droogte oor die land kom, word daardie Reënbees rondgelei om die plekke te wijs waar dit droog is. Die plekke wat hul hom nie kom wijs nie, blij droog tot hul hom eendag daardie plekke gaan wijs.
Van toe af was daar genoeg kos en water vir al die Diere.
Maar partij Diere was te moorddadig en wederstrewig en kon nie ophou om te moor en te verslind nie. Hulle wou glad nie veldvrugte en gras eet nie. Leeuw, Tier, Wolf, die Wildekatte, Valk, Uil en nog baie ander het tot daardie klas behoort, om niks anders as vleis te wil eet nie. Aasvoël het gesê hij is met die aas van die dooie Diere tevrede.
En so bestaan die wêreld vandag nog: Die een leef van die ander, en sonder die ander kan die een nie bestaan nie. [187]
OPMERKINGS:—Die Boesmans is deeglik bewus daarvan dat daar hoër Magte oor Mens en Bees geplaas is. Waar die Magte hul huisves, is nie so ’n duidelik uitgemaakte saak bij hulle nie. Maar die Son, die Maan, die Sterre en denkbeeldige Geeste of Diere besit, volgens hulle beskouwing, sulke mag. Daarom wend die Boesmans hul om hulp en leiding na daardie hemelbolle of na skeppings van hulle eie gedagtes. ’n Boesman besit ’n groter godsdienssin as bijvoorbeeld die Kaffers. Hij ken ’n Opperwese onder ’n bepaalde naam: die Kaffer het nie so ’n woord as God in sij taal nie. Albei rasse glo in die opstanding van die Dode; maar van ’n bepaalde Hemel of Paradijs of Hel het hul geen begrip nie. Hulle saligheid bestaan uit oorvloed en voorspoed, hulle straf uit honger, verdriet en verdrukking.
Die winternagte is koud en lank. As ’n getrouwe vader moet die Boesman vir vleis vir sij vrouw en kinders sorg en moet reeds soggends, bij skaarste van Wild, vroeg uitkruip om te gaan jag; die meid met haar kinders gaan soms onbeskermd veldkos in die vorm van vrugte, wortels en uintjies soek. Daarom is hulle blij as die Son uitkom om hulle warm te maak, sodat die daaglikse laste vir hulle nie so swaar word nie.
As die Son uitkom na ’n bitter koue en hongerige nag, dan draai die vader of moeder hulle gesigte, met die hande voor die oë, na die oprijsende Son; en partijkeer sê hul [188]aan hulle kinders om dit ook te doen. Dan roep hij of sij uit: “O, Son, ek is so blij om jou weer volmaak terug te sien en opstaan om jouw werk, sonder moegword, te aanvaar. Maak mij net so sterk as jij, dat, as ek agter die wild jag, ek nie moeg, honger en dors krij nie. Jouw gesig blink van warmte: mij tande kletter van die koue. Jouw gesig blink, omdat jij dit volop het: mij gesig is verrimpel van koue, honger en dors. Skink mij van jouw oorvloed. Gooi na mij daardie orige kos wat jij nie nodig het nie. Gee mij van jouw warmte dat ek nie hoef te verkluim nie. Vat mij arm, as ek na wild skiet, dat mij pijl die wildding mag tref. Dink daaraan: Jij het volop: ek en mij famielie lij baie dae knaende honger.”
Daarop gaan hul vleitig aan jag. As die Son te warm gedurende die dag word, smeek hul om verligting en koelte.
Gaan die Son die aand onder, en lê ’n nag met koue en honger voor hulle, dan draai hul weer hulle gesigte, met hande voor die oë, na die verdwijnende Son en smeek: “Weer is ’n dag verbij, en ons mae is nog honger, en die koue begin weer om aan ons uitgeteerde liggame te kouw en vreet. Die Leeuw is skaam vir jou, die Tier is bang vir jou, en die Wolf is skuw vir jou. As jij ons verlaat, dan staan hul van hulle lêplekke op, om vir ons met ons vrouwe en kinders op te vreet. Blij bij ons, om ons warmte en beskerming te gee. Maar as jij moet gaan, blij dan tog asseblief nie so danig lank weg nie. Kom gouw; want sonder jou wil ons nie alleen wees nie.” [189]
As dit Nuwe Maan word, dan kijk die Boesmans gedurig na die plek waar hul die jong Maan verwag. En wanneer een die vernuwde Maan sien—die Maan wat dood was en weer lewendig geword het—en wijs een die strepie Maan aan, dan kijk hul weer na die plek waar hij wijs. En sien hul die Maan, dan sluit hulle die oë met hulle hande en roep uit: “Dis Nuwe Maan! Weer Nuwe Maan! Neem mij ou gesig van mij weg. Gee mij jouw nuwe gesig. Neem mij gesig weg, wat nie so plesierig voel nie en altijd treur, en gee mij jouw vrolike en plesierige gesig, wat sterf en weer lewendig word, wat kwijn en weer lag. Maak mij gesig dat dit net so word—al treur ek, dan herleef mij vrolike gesig weer. Want toe ons gedink het dat jij dood was, het jij tog gelewe; want hier is jij om ons troos en lewe te gee. Skink mij van die vreugde wat jij daarbo geniet, dat ek ook, as ek sterwe, weer lewendig word, om die altijddurende vreugde daarbo te kom geniet. Jij het tog vroeër gesê ons sal nie sterwe nie; maar sal weer uit ons slaap ontwaak. Maar die Haas wou nie glo nie en strij met jou, en nou word ons terwille van die Haas gestraf om te sterwe. Ag, neem dié straf van ons weg dat ons net weer effens die doodslaap insluimer en weer ontwaak.”
Is dit Volle Maan, dan word weer gebede van dieselfde aard opgesê—net word daarbij gevoeg: “Die Son skiet vinnig met sij pijle. Hij skiet raak met sij pijle, en daarom skiet hij stukkie vir stukkie van die Volle Maan af. Maar hou moed! Jij is onsterflik!” [190]
Die Sterre verdien ook baie die godsdienstige aandag van die Boesmans—vernaamlik die Planete en die groot skitterende Sterre. In die somer is daar ’n soort Sprinkhaan-Gogga wat saands “Tsau, Tsau!” skree; dog die Boesmans wil nie weet dat dit ’n groot Gogga is wat so “Tsau, Tsau!” maak nie, en sê dis die Sterre. Hulle beweer dat die Sterre die blink oë van Leeuws, Tiers, Wolwe, Jakhalse, Katte en Springbokke vervloek, omdat hulle ook in die donker blink. Daarom sê hul dis die Sterre wat “Tsau, Tsau!” snags in die somernagte roep—hulle vervloek net wie blink oë het.
As ’n groot blink Ster saands bokant die bergrante sij verskijning maak, dan word in die grootste eerbied uitgeroep: “Vat mij hart, wat gebrek lij. Gee mij jouw hart, wat in oorvloed klop. Want ek glo nie dat jij gebrek kan lij nie. Alles daarbo bij jou rol en skitter in oorvloed. Vat mij maag, wat so beestelik honger voel, mij maag, mij maag, wat brand van gebrek. Gee mij jouw maag, wat gevul is met die lekkerste kos. Jij lij nooit honger nie; daarom is jij so groot, so vet en so blink. Vat mij arm, wat so sleg skiet, wat nie kan raak skiet nie. Al hou mij oog hoe mooi korrel, dit is mis en blij mis. Gee mij jouw arm, waarmee jij so net skiet—altijd raak en nooit mis nie. Dan sal ek, en mij vrouw, en mij kinders, en algaar ons mense genoeg kos krij, dat ons gesigte ook kan blink, dat ons harte ook kan skitter, dat ons ook so skoon en vet kan word. Toe help ons; help ons—en help ons mooi!” [191]
Op hierdie manier kom al hulle vereerde Wesens aan die beurt. Iedereen word na sij aard aangespreek.
Om die Hotnotsgod, ’Kaggen, word hande geklap en gedans: Sij naam staan hoog. Hulle roep uit: “Jij, ’Kaggen, hou jouw kop hoog. Jij vat raak waar jij grijp. Leer ons jouw slag, en ons sal nie gebrek hê nie. Jij eet gulsig, maar jij eet lekker. Volopkos is jouw naam!”
Vir die denkbeeldige Waterslang roep hul uit: “Jouw bors roggel, omdat dit vol water is. Die Sterre het jou lief—daarom blink die steen op jouw kop. Gee ons water in die woestijn, waar die vreemdeling van dors moet sterwe. Gee ons water waar geen water is nie. Kruip onder die grond, waarheen ons voetspore heenloop. Waar ons trap met ons voet, laat die water onder die grond daarnatoe stroom. Maar stop die fonteine dig toe as jij die getrap van vreemdelinge hoor. Met jou as ons vrind lij ons nooit geen dors nie. Maar die vreemdeling moet jij haat wat ons wild kom skiet en verja, wat ons en ons kinders kom verdrijwe.”
Die Waterbees word in tijd van droogte aangeroep: “Waar wei jij nou in die groen-grasvleie? Jij het lekker; maar ons wild word maer en trek na ander volop streke weg. Ons bene is moeg om die wild te agtervolg. Kom gouw, kom gouw! Ons kom jou haal, om hier te laat reën, dat die wild kan terugkom. Ons hoor die geblaas van jouw neus. Mistige-weerwolke stoom daar uit. Die asem van jouw neus ruik soet en verkwik die dorre veld. Jouw voetstappe trippel oor die grond soos ’n Kwagga wat gaan drink. Windmaker is jouw naam!” [193]
Ons het die “Boesman-Stories” in vier Deeltjies geskrijwe:—
Deel I bied ons tans aan, en handel oor die godeleer en vertellings wat in nouw verband staan met die Boesman se godsdienstige opvattings.
Deel II sal bevat dierstories, soos deur Boesmans vertel. Dadelik sal opgemerk word dat die Boesman se verhale van die Diere glad anders klink as die Hottentotstories. Bij die Boesmans is Wolf glad nie die domkop en Jakhals altijd die slim man nie.
Deel III sal bevat gemingde verhale wat betrekking het op die Boesmans hulle gebruike en gewoontes.
Deel IV sal eweneens bevat gemingde vertellings wat meer van ’n avontuurlike aard is.
Die Boesman-stories is maar nog baie onbekend, en daar bestaan geen beter hoop om hulle later beter te ken nie. Dus hoop ons dat oningewijdes van baie dingetjies in hierdie “Boesman-Stories” sal hoor wat hulle nog nooit ter ore gekom het nie—daar sal minstens ’n honderd sulke sprokies meegedeel word.
Die lewensaard, die strijd om te bestaan en die gedagtes van ’n Boesman, wat aan uitsterwe is, is wel interessant genoeg om te volg, en voer ons eeuwe terug in die gees, al staan ons nou op die treetjies van Heden.
Die Skrijwer.
Hierdie e-boek kan deur enigiemand gebruik word, oral, gratis en met weinige beperkings. U mag dit kopieer, weggee of hergebruik in terme van die Project Gutenberg Lisensie hierby ingesluit, of aanlyn by www.gutenberg.org.
Hierdie e-boek is gelewer deur die aanlyn Distributed Proofreading span by www.pgdp.net.
Titel: | Boesman-Stories: Deel I. Mitologie en legendes | |
Skrywer: | Gideon Retief von Wielligh (1859–1932) | Info |
Illustrator: | R. F. Keet | Info |
Taal: | Afrikaans | |
Oorspronklike publikasiedatum: | 1919 |
Hierdie Project Gutenberg-e-boek bevat eksterne verwysings. Hierdie skakels werk moontlik nie vir u nie.
Die volgende regstellings is aan die teks gemaak:
Bladsy | Bron | Regstelling | Redigeerafstand |
---|---|---|---|
I | . | [Verwyder] | 1 |
3, 117 | reen | reën | 1 / 0 |
34 | werge | berge | 1 |
109 | Hamerkop-voël | Hamerkopvoël | 1 |
126 | Tie | Toe | 1 |
133 | [Nie in die bron nie] | “ | 1 |
146 | Dit | Die | 1 |
172 | [Nie in die bron nie] | ” | 1 |
174 | vooltjie | voëltjie | 1 |
Oorsig van afkortings gebruik.
Afkorting | Uitbreiding |
---|---|
Tvl. | Transvaal |